Talle bekendes het die nuwe jaar met helderkleurige skakerings op hul oë, lippe, naels en selfs hare afgeskop. Nie net supermodel Kendall Jenner nie, maar ook die kunstenaars Cardi B, Millie Bobby Brown en Tracee Ellis Ross het hul treffende skoonheidsvoorkomste op sosiale media gedeel. Hulle is glad nie bang om dié helder kleure in te span nie!

Ons is gaande oor Kendall se lemmetjiegroen oogomlyner wat sy op Oujaarsaand gedra het. Die res van haar grimering was eenvoudig, met net haar wangbene wat met verbronser gedefinieer is en ’n glansende neutrale kleur op haar lippe. Dit het al die fokus op haar gewaagde ooggrimering geplaas.

Ster-inspirasie:

Kendall Jenner

FOTO Instagram / Kendall Jenner

Millie Bobby Brown

FOTO Instagram / Lacy Redway

Tracee Ellis Ross

FOTO Instagram / Tracee Ellis Ross

Cardi B

FOTO Instagram / Cardi B

Probeer dié produkte:

1. Lancôme Khôl Hypnôse Waterproof Pencil in Green (R370)

2. essence Kajal Pencil in Feel The Mari-Time (R20)

3. Stila Stay All Day Liquid Lipstick in Bella (R350)

4. Estée Lauder Pure Color Love Magic LipTint Balm Liquid Lip in Matte in Fuschia Flip (R315)

5. Chanel Longwear Nail Colour in G.Napoli 592 (R455)

Bronne: www.hellomagazine.com, www.vogue.com