Dis die maand van die liefde! Of jy nou op ’n romantiese afspraak gaan of die aand saam met vriende geniet, ’n spesiale geleentheid is die ideale tyd om met jou grimeervoorkoms die koppe te laat draai.

Die Hollywood-grimeerkunstenaar Hung Vanngo vertel hoe hy bekendes soos Penélope Cruz en Emily Ratajkowski se Oscar-grimeervoorkoms geskep het. So hoekom dan nie een van die treffende voorkomste vir vanaand op die proef stel nie?

View this post on Instagram

#Oscars2020 ??. #ilovemyjob #blessed #grateful #PenelopeCruz #EmilyRatajkowski #RosieHuntingtonWhiteley

A post shared by Hung Vanngo (@hungvanngo) on

Hier is die mooiste inspirasie vir Kupido-dag:

Songekus met brons skakerings

Penélope Cruz

  • Kies skakerings van brons in glinster- en mat afwerkings om ’n songekuste voorkoms met trefkrag te skep.
  • Wend verbronser bo-op jou wangbene om jou gesigvorm mooi te definieer. 
  • Moenie vergeet om verbronser teenaan jou haarlyn, langs jou slape en op jou kakebeen aan te wend nie.
  • Kies ’n lipstiffie met ’n salm ondertoon, dit sal jou algehele grimeervoorkoms mooi afrond.
FOTO Instagram / Hung Vanngo

Natuurlik en smeulend

Emily Ratajkowski

  • Grimering wat meer natuurlik is en wat mooi subtiel jou gelaatstrekke uitlig, bly gewild.
  • Vir ’n pragtige no-makeup-voorkoms wend ’n ligte onderlaag met ’n deursigtige, waterige tekstuur aan.
  • Skakeer verbloemer op jou vel in daar waar dit nodig is, soos onder jou oë om donker kringe weg te steek, rondom jou neus om rooiheid te verdoesel, ens.
  • Tik ’n romerige blosser op die appels van jou wange en ’n bietjie verligter (highlighter) op jou wangbene.
  • ’n Paar lae maskara laat jou oë groter lyk.
  • Rond die voorkoms af met ’n getinte lipolie of -salf.
FOTO Instagram / Hung Vanngo

Romanties en klassiek

Rosie Huntington-Whiteley

  • Lipstiffie met ’n bloedlemoen skakering is nou in die kol.
  • Gevlerkte oë en welige wimpers is perfekte pasmaats saam met dié mooi lipskakering. 
  • Moenie bang wees om so tikkie verligter op jou oogbanke en wangbene aan te wend vir ekstra glans nie.
  • ’n Lippotlood is noodsaaklik om jou liplyn te definieer en te keer dat jou lipstiffie in die lyntjies om jou mond “bloei”.
FOTO Instagram / Hung Vanngo