Wil jy graag leer hoe om jou eie grimering reg aan te wend en jou vel te versorg? Raak jy ook gefrustreerd as jy video’s kyk en artikels lees vir raad en dan reageer jou vel anders of jy lyk vreemd vir jouself?

SARIE span saam met die grimeerhandelsmerk Gosh en die velsorgreeks African Extracts Rooibos om ons te kom leer.

PLUS, bekende grimeerkunstenaar Mari Conradie kom wys jou persoonlik presies hoe jy die produkte benut wat jy reeds het asook hoe om jou nuwe produkte te gebruik.

Ja, jy lees reg, ons gaan jou bederf met die perfekte wegspringsakkie!

Bespreek nou – daar is net plek vir 20!

Datum: 12 September

Koste: R1 750

Plek: Gorgeous George Hotel se White Room, Kaapstad Vir besprekings en meer inligting, kontak Anéne by anene.deklerk@media24.com.

*Geen kursusgangers onder 18 of in skool nie.