Het jy al van tightlining gehoor? Dis ’n slim truuk vir voller wimpers en word dikwels op die rooi tapyt deur bekendes ingespan vir groter kyk-na-my-oë.

Die tightlining-tegniek behels dat jy jou oogomlyner nie nét bokant jou boonste wimperlyn aanwend nie, maar ook tussenin jou wimpers. Dit skep die illusie dat jou wimpers nader aan mekaar lê, en laat dit só voller lyk. Jy hoef dan nie eens maskara aan te wend nie. Boonop laat dit ook die wit van jou oë meer uitstaan sodat jou oë groter lyk.

Doen dit só:

Lig jou boonste ooglid effens met jou vinger. Gebruik ’n skerp oogpotlood (of ’n reguit, plat oogomlynerborsel in jel-omlyner gedoop) en maak dotjies na aan mekaar tussen jou wimpers. Die geheim is om glad nie ’n lyn te sien as jy klaar is nie, maar net wimpers wat dikker lyk.

Swart laat veral blou oë tot hul reg kom.

?

A post shared by Rosie HW (@rosiehw) on

Tightline jou onderste waterlyn met ’n bruin oogpotlood vir ’n meer neutrale, alledaagse voorkoms. Dit lyk veral mooi saam met helderrooi lipstiffie.

@maggieq front row @jasonwu #hair @seijinyc #MakeupByVictor

A post shared by Victor Henao (@victorhenao) on

Gebruik ’n wit of nude oogpotlood en span die tegniek in op jou onderste waterlyn om jou oë subtiel vars en wakker te laat lyk.

En moenie bang wees om dit met ’n gekleurde oogomlyner ook te probeer nie!

Wenk:

Kies ’n oogomlyner met ’n sagte tekstuur sodat dit maklik aangly. ’n Jel-formule of sagte oogpotlood (kohl) werk goed.

Wat as my oë maklik traan?

Begin by die buitenste hoek van jou oog en gebruik kort hale op ’n slag wanneer jy dit aanwend. Knip dan jou oë ’n paar keer en wend dit verder tot by die binnehoek van jou oog aan.

Probeer dié oogomlyners:

1. Essence Superfine Eyeliner Pen Waterproof (R60)

2. L'Oréal Paris Infaillible Gel Crayon 24H Waterproof (R160)

3. NYX Professional Makeup The Curve Eyeliner Pen (R300)

4. Maybelline Define-A-Line Eyeliner in Brownish Black (R130)

5. Smashbox Always Sharp Waterproof Kohl Liner in Bare (R330)