Die bekende Viëtnamese grimeerkunstenaar Hung Vanngo het onlangs op sosiale media gewys hoe hy aktrise Julianne Moore grimeer. Ons is veral beïndruk met die manier waarop hy haar grimeervoorkoms glansend afgerond het! Kyk net …

FOTO Instagram / Julianne Moore

Hung het ’n verligter gebruik om sagkens met tik-bewegings Julianne se wangbene, ken, neus en bokant haar wenkbroue uit te lig. Dis ’n maklike manier om jou grimeervoorkoms in ’n kits te verhelder en jou gelaatstrekke te beklemtoon.

 

Die Hollywood-grimeerkunstenaar Sir John, wat onlangs sy nuwe grimeerreeks in Suid-Afrika kom bekendstel het, is self gaande oor verligter om glans te skep. Hy verkies ’n verligter met ’n roombasis, wat hy dan met onderlaag meng vir ’n subtiel glansende voorkoms.

Probeer Revolution Liquid Highlighter Liquid Luminous Gold (R150)

 

Volg dié wenke:

1. Gebruik ’n groot poeierborsel vir ’n subtiele effek.

2. Wend die verligter bo jou wangbene, onder jou wenkbroue en op enige ander plek wat jy wil beklemtoon aan.

3. Pasop vir te veel. Die idee is slegs om jou gelaatstrekke te beklemtoon. Te veel verligter sal jou gelaat laat blink en nie subtiel glansend laat vertoon nie.