Die Voorbladgesig van SARIE se Oktober-uitgawe is Emari Gieselbach. Die 35-jarige kunsonderwyseres van Centurion is ons 10de SARIE-leser wat op die voorblad pronk.

Emari lyk tydloos en elegant in ’n swart satynromp en geometriese patroon top. Dié voorkoms is met silwer handskoene en lang tossel-oorbelle afgerond. Kyk jy na die voorblad, sien jy ’n vrou met selfvertroue. “Emari is sterk, snaaks, sensueel, energiek, ’n SARIE-leser – perfek vir die Oktober-voorblad” sê Michélle van Breda, SARIE se redakteur.

Boonop is ons gaande oor haar treffende grimering. Haar rokerige oë, blos en sagte pienk lippe komplementeer haar gelaat én uitrusting. Die SARIE-Skoonheidspan het met die haarstilis en grimeerkunstenaar Tyron Sweeney, wat Emari se hare én grimering vir haar voorblad-fotosessie gedoen het, gesels.  Hy vertel dat hy haar as ’n pragtige, dinamiese ma én vrou ervaar het. “Sy verdien beslis dié voorblad,” sê Tyron. 

FOTO: Leana Clunies-Ross

Só is Emari voorbladmooi gemaak:

1. Haar gelaat is só grimeer dat dit vars en douerig lyk.

2. Emari se wange is met ’n perske blos verhelder wat haar wange gloeilend laat lyk het.

3. Tyron vertel dat Emari se oë die perfekte afstand van mekaar is. Daarom wou hy nie te veel donker oogskadu aan die binnekant van haar oë aanwend nie. ’n Maroen skakering is hoofsaaklik aan die buitenste hoeke van haar oë gebruik, en ’n pers skakering meer aan die binnekant.

4. Haar oë is duidelik omlyn en ekstra maskara is aan haar wimpers gewend. Só lyk haar groen oë meer treffend.

6. Haar wenkbroue is met ’n sagte bruin potlood ingekleur om haar voorkoms mee af te rond.

7. Op haar lippe is ’n sagte rooskleurige lipglans gebruik.

SARIE Voorbladgesig 2018 word met trots geborg deur Montblanc Lady EmblemINOARIsa Carstens AcademyKalahari en kykNET.

SARIE Voorbladgesig 2018