Aknee is vir baie van ons ’n voortdurende stryd. Soms is jou vel vlekkeloos en straal behoorlik, ander dae is jy byna te bang om jou gesig in die openbaar te wys.

Gelukkig is daar wonderlike grimeerprodukte om aknee en akneemerke mee te verbloem wanneer dit nodig is. Maar pasop, sekere produkte en tegnieke moet jy juis vermy sodat jy nie die aandag op die area vestig nie.

FOTO Instagram / Bobbi Brown

Moets

1. Gebruik ’n basislaag

Dis ideaal om oneweredige veltekstuur te versag en jou vel egalig te laat vertoon.

2. Wend poeier met ’n matafwerking aan

Poeier kan jy stelselmatig opbou na gelang van hoeveel bedekking jy nodig het.

3. Gebruik ’n traanvormige grimeersponsie om onderlaag aan te wend

Die unieke sponsmateriaal help om onderlaag foutloos aan te wend. Gebruik stip-bewegings, eerder as vee-bewegings.

Probeer Sorbet se On A Blender! Cover & Go Foundation Blender (R90)

4. Gebruik verbloemer

Dit sal help om donkerder aknee en akneemerke te verlig sodat dit nie so duidelik uitstaan nie. 

Moenies

1. Vermy grimering met ekstra glans

Dit beklemtoon juis onegalige veltekstuur.

2. Moenie grimering met vee-bewegings aanwend nie

Gebruik stip-bewegings. So kan jy dieper merke invul en die tekstuur van jou vel egaliger maak.

3. Was jou grimeersponsie agterna

Dit raak ontslae van enige bakterieë en keer dat aknee terugkeer.

Bron: www.refinery29.com