Maskara rond jou ooggrimering af en laat jou oë groter lyk. Dis ook die ideale kitsoplossing vir wanneer jy nie tyd het om grimering aan te wend nie. Dis beslis die moeite werd om jou maskara reg aan te wend!  

FOTO: Getty

1. Gebruik ’n basislaag

Ja, jy lees reg, 'n mens kry deesdae basislae vir maskara. Probeer Smashbox Photo Finish Lash Primer (R310).

2. Wikkel die maskaraborsel

Só bou jy dikte op, en dit keer ook dat die wimperhaartjies saamkoek.

3. Probeer die lepeltruuk

Maak van 'n lepel (of anders 'n snesie) gebruik om te keer dat maskara op jou ooglid beland. Plaas die lepel teenaan jou ooglid sodra jy maskara wil aanwend. Dit werk vir die boonste én onderste wimpers.

4. Verwyder oortollige maskara

Dit sal net klonte vorm. Moet ook nie die maskaraborsel heen en weer in die buis beweeg soos jy maskara aanwend nie. Dit vul die buis met lug en sal die maskara vinniger laat uitdroog.

5. Kies die regte formule

Kies volgens jou behoeftes: volume, ekstra lengte of mooi gekrulde wimpers.

Probeer een van dié nuwe maskaras:

1. Dior Diorshow Pump'N'Volume Waterproof Mascara (R465)

2. Lancôme Grandiose Mascara (R480)

3. Clarins Double Fix Mascara (R300)

4. Clinique High Impact Curling Mascara (R335)

5. Revlon Volume + Length Magnified Mascara (R165)