Gevlerkte oë is ’n klassieke en tydlose wyse om jou oë woema te gee en met goeie rede! Die SARIE-Skoonheidspan het boonop in die verjaarsdaguitgawe (Julie 2019) oor dié gewilde grimeervoorkoms geskryf, ’n mooimaaktendens wat die toets van die tyd deurstaan het. 

FOTO Instagram / Sophia Loren Foto

Moderne kinkels soos kleur en minimalisme hou die voorkoms opwindend en in die kollig. In 2019 was grafiese oogomlyner op almal se lippe.

Nóú is oogomlyner wat in die vou van jou ooglede getrek word, gewild. Die voorkoms skep die idee dat die oogomlyner op jou ooglede “dryf” aangesien dit nie soos oudergewoonte teenaan jou wimperlyn getrek word nie. Dit staan as die floating crease bekend. 

FOTO Instagram / Katie Jane Hughes

Stap-vir-stap:

1. Wend ’n basislaag oor jou ooglede. Dit skep ’n egalige basis sodat jy moeiteloos ’n eweredige lyn kan trek.

2. Tik liggies neutrale oogskadu oor jou ooglid om jou oë trefkrag te gee. 

3. Maak jou oë toe en maak eers mooi seker waar presies die voue van jou oë is.

4. Trek met ’n oogpotlood of vloeibare oogomlyner die lyn net onder die vou van jou ooglid. 

Wenk
Maak seker dat die lyn die vorm van jou boonste wimperlyn naboots en ’n verlenging daarvan is. 

Onthou:

Moenie bang wees om met hierdie voorkoms te speel nie. Probeer verskillende helder kleure of tik so klein bietjie oogskadu in dieselfde skakering onderaan die lyn. Jy kan selfs net oogskadu met ’n fyn grimeerborseltjie aanwend vir ’n soortgelyke voorkoms.

Kyk net hier:

Met oogskadu ...

View this post on Instagram

Resting bitch face forever.

A post shared by Makeup Artist (@danadelaney) on

Kombinasie

Helder kleure

View this post on Instagram

Loved This Look On @kassalaholdsclaw #brows

A post shared by Mimi Quiquine (@mimiquiquine) on

Met vloeibare oogomlyner ...

View this post on Instagram

Graphic Simple Clean #kjhcloseup

A post shared by Katie Jane Hughes (@katiejanehughes) on

Met ’n vlerk ...

View this post on Instagram

Graphic Simple Clean #kjhcloseup

A post shared by Katie Jane Hughes (@katiejanehughes) on

Bronne: www.refinery29.com, www.lorealparisusa.com