As jou onderlaag foutloos is, lyk jy natuurlik en afgerond en asof jy nie eens grimering aanhet nie. Hiér is van die SARIE-skoonheidspan se top-onderlaagprodukte.

Stap 1:

Gebruik ’n basislaag (primer) om jou veltekstuur egalig te maak en jou onderlaag heeldag perfek te laat hou.

Probeer:

1. Smashbox Photo Finish Radiance Foundation Primer (R495)

Kikker ’n vaal wintervel op met dié basislaag wat ekstra glans aan jou gelaat gee. Jy kan dit voor jou onderlaag aanwend of net op dele soos jou wangbene en neusbrug aantik vir ’n bietjie glans nadat jy jou grimering gedoen het.

2. Sisley Instant Glow Primer (R1 025)

Dié basislaag plomp jou vel op en bevog dit terwyl dit ook jou gelaat laat straal. Dis perfek vir ’n olierige vel en sal nie jou porieë verstop nie. By uitsoektakke van Edgars

??‍??

A post shared by Revlon (@revlon) on

Stap 2:

Kies ’n onderlaag volgens jou spesifieke voorkeure, soos ’n mat-formule wat behoorlike bedekking bied of een wat meer romerig en deursigtig is.

Probeer:

1. Revlon Youth FX Fill + Blur Foundation SPF 20 (R349)

Die ligte, romerige formule vul fyn lyntjies op sodat jou vel jonger en plomper lyk. Dit verdoesel ook donker vlekke en ’n oneweredige velkleur.

2. Dior Diorskin Forever Extreme Control Perfect Matte Powder Makeup (R900)

’n Mat-onderlaag kán lig en fluweelsag lyk. Dié poeierformule absorbeer olierigheid en hou daarom lank op jou vel. Vir vollediger bedekking kan jy dit bo-oor ’n vloeibare onderlaag aanwend.

Stap 3:

Rond af met poeier of verligter.

Probeer:

1. Maybelline Fit Me Matte + Poreless Powder (R110)

Tik hierdie veerligte poeier aan op die dele van jou gesig wat geneig is om te blink – soos jou voorkop, neus en ken – nadat jy jou onderlaag aangewend het.

2. Inglot HD Highlighter (R399)

Laat jou vel straal met dié verligter-palet. Tik dit liggies op jou hele gesig aan. By uitsoektakke van Edgars