Tydens die kouer maande is dit noodsaaklik om jou grimering by die seisoen aan te pas. Nie net is voggewende formules belangrik nie, maar óók die gepaste skakerings.

Hoekom probeer jy nie tydlose neutrale skakerings wat jou natuurlike gelaat en velkleur gaan komplementeer nie?

Volgens ’n onlangse persverklaring van die skoonheidshuis Avon moet jy nie net 'n skakering kies wat by jou gelaat inskakeer nie. Moenie net by bruin en beige bly nie, probeer neutrale skakerings met roos, mauve en pienk ondertone.

Dis ’n kuns om die regte skakering te kies. Pasop vir ’n skakering wat te donker is, dit kan jou gelaat vaal en bleek laat lyk. Kies jy weer ’n baie ligte skakering, lyk jou lippe uitgewas.

Só kies jy ...

Bepaal in watter kategorie jou velkleur val: neutraal, warm of koel.

Koel velkleur:

’n Koel velkleur is gewoonlik iemand met ’n ligte gelaat wat geneig is om maklik te brand. Jou are op jou gewrigte sal duidelik blou en pers wys. Kies ’n neutrale skakering met ’n pienk- of roos ondertoon.

FOTO Verskaf

Warm velkleur:

As jou vel maklik bruin verkleur in die son, het jy moontik ’n warm velkleur. Die are op jou gewrigte sal groen of selfs olyfgroen wees. Kies ’n neutrale skakering wat donkerder as jou lippe is met ’n pienk- of bruin ondertoon.

FOTO Verskaf

Neutrale velkleur:

’n Neutrale velkleur is gewoonlik donkerder en brand nie maklik in die son nie. Die are op jou gewrigte sal dieselfde skakering as jou velkleur wees. Kies donkerder skakerings met ’n rooi ondertoon.

FOTO Verskaf

Probeer die produkte:

MAC Matte Lipstick in Velvet Teddy (R250)

Smashbox Always On Matte Liquid Lipstick in Stepping Out (R355)

Avon True Perfectly Matte Lipstick in Marvelous Mocha (R90) Beskikbaar aanlyn by www.avon.co.za