Neutrale mat-oogskadu's is natuurlik tydloos, maar oogskadu's in koper, roosgoud en selfs glimmende pers en groen is opwindend!

FOTO: Getty

Verskeie opsies is beskikbaar met die intensiteit wat wissel tussen subtiele glinstering en mega-glans. Van romerig brons tot skitterblink en dramaties, daar is iets vir elke smaak. 

FOTO: Getty

Metaalkleure is opwindend, maar pasop, te veel daarvan kan jou oud laat lyk en plooie en fyn lyntjies beklemtoon.

Hier is 'n paar wenke om metaalkleure reg te dra:

1. Wend vooraf 'n basislaag aan                                                                     

'n Basislaag sal 'n gladde voorkoms verseker, sodat die oogskadu nie gesmeer lyk nie. Die kleur sal ook helderder wees.

2. Moenie meer as twee metaalkleure gebruik nie                                         

Te veel kleure sal "besig" lyk.

3. Kombineer 'n metaalkleurige oogskadu met 'n mat-oogskadu                          

Dit sal die kleure balanseer en die voorkoms versag.

FOTO: Getty

4. Wend oogskadu slegs op jou ooglede aan                                                         

Moenie oogskadu tot teenaan jou wenkbroue aanwend nie, dit sal oordrewe lyk en outyds voorkom.

5. Gebruik 'n oogskadukwas                                                               

As jy 'n gewone borsel gebruik, sal die oogskadu orals op jou wange val. 'n Kompakte klein kwassie is die beste.

6. Rond jou oogvoorkoms met maskara af                                                             

Wend tot drie lae gitswart maskara aan vir treffende wimpers.

FOTO: Getty

Die meer waaghalsiges kan 'n vloeibare silwer oogskadu probeer!