Vergeet maar van neutrale, vleeskleurige verligters ... verligters met ’n reënboogskynsel (holographic effect) is nou in!

Dié verligters het ’n glans-afwerking en trek die aandag na jou wangbene en oë. Dis tyd om met kleur te speel en ’n unieke voorkoms te skep wat jou gesig dadelik ophelder. 

FOTO: Instagram/@gabriellafloydmakeup

Gee jou gelaat die pragtigste kleur vir die lekker partytjiedae wat voorlê. Dié voorkoms is perfek vir somer en maklik om te skep.

Só dra jy dit:

1. Kies twee verskillende reënboogkleurige skakerings.

2. Wend dié twee skakerings laag op laag van die middel van jou ooglid af aan.

3. Skakeer die twee kleure na die buitenste hoek van jou ooglid.

4. Maak seker dit strek tot aan die onderkant van jou ooglid in ’n V-vorm rondom jou oog.

FOTO: Instagram/@gabriellafloydmakeup
FOTO: Instagram/@gabriellafloydmakeup

Probeer dié produkte:

1. Maybelline Master Strobing Stick Illuminating Highlighter in Dark (R182)

2. Urban Decay Afterglow Highlighting Palette (R660)

3. Urban Decay Naked Skin Highlighting Fluid in Skywalk (R405)

4. GOSH Chromatic Highlighter (R288)

5. Essence Holo Wow! Sparkle Stick (R80)

6. Stila Heaven’s Hue Highlighter in Transcendence (R580)

7. Bobbi Brown Brightening Brick (R780)

8. Smashbox Blendable Lip & Cheek Colour (R390)

Bronne: www.allure.com