Verbloemer is van die belangrikste stappe in grimering, want as jou oë vars lyk, lyk jy jare jonger. Jy gebruik dit onder jou oë om donker kringe te laat verdwyn.

KIES REG

’n Goeie verbloemer het ’n veerligte tekstuur sodat dit nie in die fyn lyntjies van die delikate vel onder jou oë gaan lê nie.

Dit moet ook een of twee skakerings ligter as jou velkleur wees om ’n verhelderende effek te hê. As jy onseker is, kies ’n verbloemer met ’n geel ondertoon.

Dit pas by die meeste velkleure en laat jou wakkerder lyk sonder dat dit lyk asof jy grimering dra.

via GIPHY

Probeer die produkte:

Net ’n dun lagie van die waterbestande Benefit Boi-ing Cakeless Concealer (R325) is nodig vir volledige bedekking. By uitsoektakke van Edgars en Edgars Beauty

Dié verbloemer verminder ook pofferigheid en die voorkoms van lyntjies – Elizabeth Arden Stroke of Perfection Concealer (R299)

Gebruik jou ringvinger om met ligte tikbewegings Avon Mark Nude Matte Liquid Concealer (R135) mooi in te skakeer. Aanlyn beskikbaar by avon.co.za of skakel 0860 102 345