In die Februarie-uitgawe van SARIE het Marí Conradie van Mooistemooi haar mooimaak-filosofie gedeel, en vertel hoe sy vinnig met haar drie moethê-produkte grimeer. 

Sy is ’n bekende grimeerkunstenaar en stilis wat op die stelle van bekroonde rolprente soos Kanarie, Ellen: Die storie van Ellen Pakkies en Ander mens asook TV-reekse soos Alles Malan gewerk het.

By SARIE se eerste grimering- en skoonheidsdag gaan Marí wys hoe jy die produkte wat jy reeds het, beter kan gebruik en watter nuwe produkte jy kan byvoeg om op jou mooiste te lyk.

SARIE span saam met die grimeerhandelsmerk Gosh en velsorgreeks African Extracts Rooibos om die dag aan te bied.

Dié video is ’n voorsmaak van wat jy kan verwag:

Bespreek nou – daar is net plek vir 20 mense!

Datum: 12 September

Koste: R1 750

Plek: Gorgeous George Hotel se White Room, Kaapstad

Vir besprekings en meer inligting, kontak Anéne by anene.deklerk@media24.com.

* Geen kursusgangers onder 18 of nog op skool nie.

FOTO Danielle Klopper