Vandag is die eerste dag van 21 dae van inperking, maar besige ma’s se doenlysies raak net nie korter nie. Om van die huis af te werk met woelige kinders om jou is beslis nie ’n maklike taak nie.

Die voormalige kinderster Hilary Duff het onlangs voor Vogue se kameras stap vir stap haar velsorgroetine en grimering gedoen terwyl sy oulike wenke vir besige ma’s deel. Hilary is ook ’n werkende ma van twee. Sy weet hoe om die paar minute wat sy soggens vir haarself het, effektief in te span om op haar beste te lyk. “Dit moet lyk asof ek tyd gehad om ekstra moeite te doen,” sê sy.

FOTO Instagram / Hilary Duff

Hier is ’n paar wenke om tyd te spaar:

Wenk #1

Dis belangrik om nie jou velsorg af te skeep nie. Wend minstens vogroom, oogroom, en/of sonskerm aan. Hilary wend die orige oogroom aan haar vingers op die lyntjies by haar neus en bolip aan.

Wenk #2 

Gebruik ’n traanvormige grimeersponsie om in ’n kits jou onderlaag of getinte BB-room mooi egalig aan te wend.

FOTO Instagram / Beauty Blender

Wenk #3

Wend veerligte verbloemer aan wat nie in die fyn lyntjies onder jou oë gaan lê nie, maar ’n verhelderende effek skep en jou oë wakker laat lyk.

Wenk #4

Gebruik ’n wimperkruller om dadelik welige wimpers te skep, dan is lae en lae maskara nie eens nodig nie.

FOTO Instagram / Nathjat Larsen

Wenk #5

Kyk watter grimeerprodukte kan meer as een doel dien. Gebruik jou verbronser om jou wangbene te definieer én jou ooglede ’n songekuste voorkoms te gee. Jy kan dieselfde met blosser of verligter doen.

Kyk net hier: