Tydens hierdie vreemde tyd van inperking het talle werkendes se kantoor tydelik na die huis verskuif. Die grendelstaat is geensins ’n tyd om lyf weg te steek nie, die werksverpligtinge duur voort. Hoe lui die Engelse gesegde? “Business as usual.”

Vergaderings vind nou aanlyn plaas danksy apps soos Skype en Zoom. Dit beteken dat jy steeds professioneel moet lyk. SARIE se stilis en modeskrywer, Magdel Muller, skryf in ’n artikel op SARIE.com dis juis nou belangrik om moeite met jou voorkoms te doen om kajuitkoors te keer.

Hier is 3 maklike haarstyl-idees om vinnig op jou beste te lyk

1. Middelpaadjie

Middelpaadjies is sjiek en modern. Kam jou hare in ’n middelpaadjie en stryk dit effens reguit met ’n haaryster. Steek jou hare agter jou ore weg en wend ’n haarsproei aan vir ’n gedefinieerde haarvoorkoms wat gesofistikeerd lyk. 

View this post on Instagram

Conference call or just staying sassy? #stayhomewithLTK and shop @glamcampos' style steals via the link in bio | http://liketk.it/2MezW #liketkit #LTKeurope

A post shared by #LTKeurope (@liketoknow.it.europe) on

2. Opstyl

Dra jou hare in ’n bolla, dis perfek vir dae wat jy nie jou hare wil was nie. Dis ’n haarstyl wat op verskillende maniere met opwindende kinkels gedra kan word. Stileer jou bolla hoog, laag met effense los slierte om jou gesig te raam, minimalisties, deurmekaar of met ’n vlegsel.

View this post on Instagram

hey.

A post shared by D E M I • L E E • MOORE (@demilee.moore) on

3. Haarbykomstighede

Haarknippies en -bande rond jou hare in ’n kits modieus af. Dekoratiewe haarbykomstighede is in die kol. Die wonderlike ding daarvan is dat dit enige alledaagse haarvoorkoms in ’n kits interessant, modern en opwindend maak.

Kam jou hare in ’n skuins paadjie en dra ’n ekstra-groot haarknip of smal minimalistiese haarknippies met sierstene of kunspêrels aan die kant teenaan jou oor. Of dra ’n haarband en maak seker jou hare is mooi netjies agter jou ore weggesteek.