Die nuwe jaar het skaars afgeskop en daar is reeds ’n paar treffende haarneigings wat begin voelers uitsteek. Bekendes soos die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, Grammy-wenner, Lady Gaga, en die Oscar-bekroonde Nicole Kidman het op beide die rooitapyt en in die strate van Londen gewys hóé dit gedoen word.

Dié jaar is beslis die geleentheid om al wat ’n haarbykomstigheid is met trots te dra. Die volgende vyf neigings is veelsydig en sal by beide oud en jonk pas.

Die SARIE-Skoonheidspan het gaan ondersoek instel.

1. Bonkige haarbande

Die haarbande is só groot en treffend dat dit as ’n hoed geklassifiseer kan word. Dis ’n oorgrootte haarband met versieringskuns. By die Milaanse Modeweek het modelle met dié bonkige haarbykomstigheid op die loopplank gepronk. Die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, word gereeld met die staatmaker-item gewaar.

KING'S LYNN, ENGLAND - DECEMBER 25: Catherine, Duc
FOTO: Getty Images / Gallo Images
KING'S LYNN, ENGLAND - DECEMBER 25: Catherine, Duc
FOTO: Getty Images / Gallo Images

FOTO: Instagram/@kensingtonroyal
KING'S LYNN, ENGLAND - DECEMBER 25: Catherine, Duc
FOTO: Getty Images / Gallo Images
KING'S LYNN, ENGLAND - DECEMBER 25: Catherine, Duc
FOTO: Getty Images / Gallo Images

2. Ligte, poeier haarskakerings

’n Verskeidenheid van kleure in ligte, poeier skakerings is nou gewild. Die ligter skakerings werk goed saam met blonde hare wat effe sigbaar is, en sorg dus vir ’n meer natuurlike en subtiele voorkoms. Hailey Bieber het onlangs haar blonde hare met ’n ligte pienk skakering opgetooi. En die haar-verkleurmannetjie Kylie Jenner het weer met ligte poeierblou hare op sosiale media gespog.

FOTO: Instagram/@elleusa
FOTO: Instagram/@kyliejenner

3. Perfekte pasmaats

Dis tyd dat jou hare of selfs grimering dieselfde skakering as jou uitrusting is. Lady Gaga se hare het by die Golden Globes haar ligpers aandrok perfek gekomplementeer. Haar ligte hare is met ligpers strepies gekleur in presies dieselfde skakering. Modelle by ’n onlangse Marc Jacobs modevertoning se hare was ook gekleur om by hul ontwerperskleure te pas.

FOTO: Getty Images / Gallo Images

FOTO: Instagram/@marcjacobs
FOTO: Instagram/@marcjacobs

4. Fluweel haarstrikke

Haarstrikke met ’n fluweel tekstuur skep ’n afgeronde en elegante voorkoms. Dis die perfekte haarbykomstigheid om jou haarstyl in ’n kits op te kikker. Die koninklikes en Hollywood-sterre tooi graag hulle hare met dié bykomstigheid op.

WENK
Bind ’n fluweel haarlint om jou poniestert of steek dit met ’n knippie aan jou hare vas.


FOTO: Getty Images / Gallo Images
FOTO: Getty Images / Gallo Images
SANTA MONICA, CA - JANUARY 13: Thomasin Harcourt
FOTO: Getty Images / Gallo Images
KING'S LYNN, ENGLAND - DECEMBER 25: Catherine, Duc
FOTO: Getty Images / Gallo Images

5. Stompgesnyde bob

Die tydskrif Harper’s Bazaar het aanlyn berig dat dié haarstyl baie gewild in 2019 gaan wees. Bradley Cooper se lewensmaat, Irina Shayk, het by die Golden Globes met die gewilde haarstyl gespog. Dié stompgesnyde haarstyl word gewoonlik net onder jou kakebeen gedra.

View this post on Instagram

MAJOR HAIR MOMENT! She is coming for ya @goldenglobes

A post shared by Harry Josh (@harryjoshhair) on