Die lang bob (of lob) is al ’n hele ruk lank dié haarstyl onder internasionale en plaaslike bekendes. Ons kan sien waarom: dit pas enige gesigvorm én lyk mooi by jonk en oud. Boonop is dit ’n veelsydige styl wat jy maklik kan stileer. Hier is vyf lob-variasies om dié seisoen mee te eksperimenteer.

Asimmetries

Dié snit is waar jou hare voor bietjie langer is as agter. Dis vleiend en veelsydig en kan met ’n kant- of middelpaadjie gestileer word.

Ster-inspirasie: Margot Robbie

@margotrobbie x @prada

A post shared by Bryce Scarlett (@brycescarlett) on

Stompgesny

Stompgesnyde haarpunte (die sogenaamde blunt cut) is tans net so gewild. Dis modern en sjiek en werk veral goed by reguit, fyn hare.

Ster-inspirasie: Jennifer Lopez

In lae met ’n versnipperde kuif

’n Kort, versnipperde kuif of baby bangs saam met ’n lob wat in lae gesny is, is waaghalsig en stylvol. Dit werk veral vir dikker hare omdat dit jou hare minder “swaar” laat lyk.

Ster-inspirasie: Emma Watson

Skouerlengte

’n Lob wat net bo jou skouers gesny word met sagte lae is klassiek. Dra dié styl as jy wil eksperimenteer met korter hare, maar nie noodwendig jou hare in ’n bob wil sny nie. Maak seker jy laat sny jou haarpunte so elke ses weke om dit gesond en glansend te hou.

Ster-inspirasie: Kendall Jenner

Een lengte met tekstuur

As jy dikker en krullerige hare het, is ’n lob in een lengte perfek. Dit beklemtoon ’n natuurlik golwende haartekstuur en gee definisie. Dis ook makliker om jou hare uit te groei met dié snit.

Ster-inspirasie: Lucy Hale

?? @modelistemagazine shot by : @mrmikerosenthal

A post shared by Lucy Hale (@lucyhale) on