Die afgelope tyd het ’n poniestert wat in die 1990’s gewild was, weer kop uitgesteek. Bekendes soos popsanger Ariana Grande en Millie Bobby Brown van Stranger Things-faam het albei hul superlang poniesterte effe anders gedra: met haarrekkies in "bobbels" verdeel om ’n dramatiese voorkoms met ekstra volume te skep.

Die bubble ponytail is baie veelsydig. Dis perfek vir diegene met lang en selfs korter hare. Die styl kan in ’n hoë of lae poniestert gestileer word. Om die poniestert in kleiner gedeeltes te verdeel kan verskillende haarbykomstighede gebruik word. Kies neutrale of helderkleurige haarrekkies, linte of selfs oorgroot haarknippe.

FOTO Instagram / @tim.carli
FOTO Instagram / Ashley Pihl
FOTO Instagram / @makeupmusthaves.nl

Wenk

Gebruik haarsproei om te keer dat jou opstaan-haartjies sigbaar is. Dis perfek om jou haarvoorkoms sjiek af te rond.

Ster-inspirasie:

Ariana Grande

FOTO Instagram / Ariana Grande

Millie Bobby Brown

BURBANK, CALIFORNIA - APRIL 09: Model Kendall Jen
FOTO Getty Images / Gallo Images

 Kendall Jenner

BURBANK, CALIFORNIA - APRIL 09: Model Kendall Jen
FOTO Getty Images / Gallo Images

Probeer die produkte:

1. TRESemmé Firm Hold Salon Finish Hairspray (R90)

2. John Frieda Luxurious Volume Hairspray (R116)

3. Lee Stafford Firm Hold Barnet Hairspray (R95)