Al gehoor van ’n trigoloog? ’n Trigoloog staan ook as ’n haarkundige bekend wat siektes en kwale van hare en die kopvel bestudeer.

Iain Sallis, is ’n top-trigoloog wat 11 haarklinieke in die Verenigde Koninkryk het en hy is medestigter van die Internasionale Trigologie Kongres.

FOTO Twitter / Hair Medic

In ’n onlangse mediaverklaring van Tangle Teezer, ’n haarborselhandelsmerk, is ’n onderhoud met dié gewilde haarkundige oor haargesondheid, haarverdunning en haarverlies gevoer.

Hier volg ’n paar belangrike punte:  

Wat is van die mees algemene haarprobleme waarmee ons sukkel?

Haarverdunning onder vroue. Die moontlike oorsaak is gewoonlik voeding, hormone, trauma, genetika, medikasie of langtermyn siektes. Dit kan die hare fyner, dunner en sonder volume laat. 

Ongeveer 1 uit elke 3 vroue sal op een of ander stadium in hul lewe hiermee sukkel, so dis ’n baie algemene probleem wat nie net een spesifieke oplossing het nie.

FOTO Instagram / Show Hairsalon

Wat is jou beste raad aan vrouens wat met haarverlies sukkel?

Kry ’n diagnose! Die oorsprong van haarverlies verskil van persoon tot persoon. As jy byvoorbeeld ’n tekort aan yster het, gaan jou sjampoe dit nie kan regstel nie.

Ja, haaraanvullings kan help, maar dis nie altyd die antwoord vir jóú spesifieke kwaal of tekort nie. Oorweeg yster- en proteïenaanvullings aangesien baie van ons nie voldoende hoeveelhede daarvan inneem wanneer ons eet nie.  

FOTO Unsplash / Suhyeon Choi

Wat is die grootste haarmite?

Dat jou hare oornag grys word. Dis slegs die geval as iemand erge trauma beleef het wat ’n vorm van alopesie aanhits wat hare met kleurpigment laat uitval. Hare sonder pigment (grys hare) is gewoonlik immuun teenoor hierdie reaksie en dan bly slegs grys hare agter.

FOTO Instagram / Elle UK

Hoe belangrik is die regte dieet vir haargesondheid en watter kossoorte kan dalk help?

Die verband tussen ons hare en algemene gesondheid is onlosmaaklik. Probeer jou bes om ’n gesonde leefstyl te handhaaf en vermy die langtermyn gebruik van medikasie indien moontlik. 

Maak seker jy kry genoeg yster en proteïene in. Aminosure in eiers en olierige vis is voordelig vir jou hare.

FOTO Getty Images / Gallo Images

Wat is die belangrikste wenke om toe te pas?

Behandel jou hare soos ’n duur kledingstuk, moenie dit onnodig blyk nie en maak seker dat jy ’n ordentlike haarborsel vir jou hare gebruik. Dit help veel jy doen moeite met diagnose en behandeling, maar jy gebruik die verkeerde haarborsel wat jou hare maklik beskadig en uittrek. 

FOTO Tangle Teezer

Probeer die produkte:

Tangle Teezer Fine & Fragile Hairbrush (R255) Beskikbaar aanlyn by www.takealot.com

The Body Shop Oval Hairbrush (R130)

Sorbet Drybar It's Complicated Detangle Comb Set (R50)