Die aktrise Angelina Jolie is bekend vir haar glansende donkerbruin lokke. Maar deesdae lyk sy byna onherkenbaar met blonde hare …

FOTO: Instagram/@ciakmag
FOTO: Instagram/@ciakmag

In haar nuwe fantasiefilm, Come Away, dra Angelina ’n blonde pruik wat in ’n uitspattige bolla gestileer is. Dié groepfoto is op sosiale media gedeel.

Die film is die voorvolg van Peter Pan en Alice in Wonderland waarin dié twee sprokieskarakters broer en suster speel. Angelina vertolk die rol van hul ma.

Dis wel nie die eerste keer dat Angelina met ligter lokke gewaar word nie. Die aktrise het al ’n paar keer haar hare blond gedra. Dink jy dit pas haar?

Só lyk Angelina met blonde hare:

FOTO: Instagram/@angelinajolieofficial
FOTO: Getty Images / Gallo Images
FOTO: Getty Images / Gallo Images
FOTO: Instagram/@angelinajolieofficial
FOTO: Getty Images / Gallo Images
FOTO: Getty Images / Gallo Images
FOTO: Getty Images / Gallo Images

Bronne: www.wmagazine.com