Die pragtige Anne Hathaway is bekend vir haar lang bruin lokke. Nou het die aktrise besluit dis tyd vir iets nuuts: sy het haar hare rooiblond gekleur!

Anne en haar vervaardiger-man, Adam Shulman, kuier tans by die 75ste Venesiese filmfees. En dis hier waar sy die eerste keer met haar nuwe haarkleur gewaar is.

FOTO: Instagram/@annehathaway

Ons is gaande oor die effense koper skakering by haar velkleur. Haar hare is ook skouerlengte gesny en met ’n skuinspaadjie gestileer. 

FOTO: Instagram/@maisonvalentino

Om jou hare ligter te kleur vir die somer is hoogmode. Dit is wel ’n tydsame, geleidelike proses as jy donkerder hare het. Dis ook belangrik om die kleur in stand te hou sodat dit nie geel of uitgewas vertoon nie.

Sorg vir gekleurde hare 

Hare wat so ’n dramatiese kleur-verandering ondergaan, word onder geweldige spanning geplaas. Jou hare is ná so ’n kleurproses geneig om makliker te breek en benodig dus meer noukeurige versorging.

Die Brasiliaanse haarsorgreeks Inoar se Absolut Speed Blond-reeks is die perfekte opsie om blonde hare (natuurlik, gekleur of selfs grys) in stand te hou. Die sjampoe en opknapper (R500 vir albei) help om jou blonde haarkleur vars en sonder geelheid te hou. Gebruik die Inoar Speed Blond Mask (R450) weekliks vir ’n meer intense behandeling. Beskikbaar by uitsoek-salonne of aanlyn by www.inoar.co.za

Probeer dié produkte:

1. Inoar Absolut Speed Blond Duo Kit (R500)

2. Inoar Speed Blond Mask (R450)

3. John Frieda Sheer Blonde Colour Renew Tone-Correcting Shampoo (R115). By Clicks.

4. Paul Mitchell Platinum Blonde Shampoo (R260). By Dis-Chem.

5. Hask Blue Chamomile & Argan Oil Blonde Care Shampoo (R149). By Clicks.

Bronne: www.instylemag.com, www.vogue.com

SARIE Voorbladgesig 2018 word met trots geborg deur Montblanc Lady Emblem, INOARIsa Carstens AcademyKalahari en kykNET.

SARIE Voorbladgesig 2018