Sy was nog altyd bekend vir haar lang, blonde lokke. Maar het die Hollywood-ster Blake Lively nou besluit dis tyd vir 'n nuwe haarstyl? Blake, wat getroud is met die akteur Ryan Reynolds, het gister by die Los Angeles-vertoning van haar jongste fliek "All I See Is You" verskyn in 'n wit uitrusting, bloedrooi lippe en 'n heelwat korter lob-haarstyl.

Dié haarstyl is nie net gewild onder bekendes nie, dis ook die een styl wat almal kan dra.

#BlakeLively is giving short hair a shot and we're here for it ??

A post shared by Elle Magazine (@elleusa) on

Dit wil egter lyk asof Blake nie haar hare gesny het nie, maar eerder 'n "faux" of fop-lob dra. Sommige bekendes is mal daaroor om hul hare só vas te steek en te stileer sodat dit lyk soos 'n bob- en lob-styl, sonder dat hulle hul hare hoef te sny. As jy nie kans sien om jou lang lokke af te sny nie, kan jy altyd die fop-lob probeer.

Doen dit só:

Begin deur die boonste helfte van jou hare bo jou kop vas te maak. Vleg die onderste hare horisontaal teen die agterkant van jou kop in 'n Franse-vlegsel. Maak dan die boonste hare los en steek dit in die styl van 'n lob vas met knippies.

Die Dancing with the Stars-ster Julianne Hough het op haar troudag in Julie vanjaar met 'n fob-bob gespog.