Soos wat ons reeds weet, is die nuutste haartendens om jou hare nóg korter te sny. Vanjaar is die tyd om braaf te wees en daardie lang lokke af te sny. Korter haarstyle soos die bob is tydloos en in die kol vir 2019.

Die aktrise Reese Witherspoon het onlangs op sosiale media met haar nuwe haarstyl gespog. Sy dra nou die gewilde bob. Haar stompafgesnyde haarpunte en diep kantpaadjie laat haar nuwe haarstyl ekstra modern en sjiek lyk. Maar Reese is nie die enigste bekende wat haar haarkapper onlangs besoek het nie.

Voor:

FOTO Instagram / Reese Witherspoon

Ná:

View this post on Instagram

Thanks for my new summer cut @lonavigi! ????‍????

A post shared by Reese Witherspoon (@reesewitherspoon) on

Die supermodel Kaia Gerber het haar bob nóg korter as Reese s’n gesny. Aanhangers het haar nog nooit met sulke kort hare gesien nie en sy lyk byna onherkenbaar. Haar dramatiese kantpaadjie skep ekstra volume. Die styl komplementeer die ikoniese wangbene wat sy by ma Cindy Crawford gekry het.

Voor:

FOTO Instagram / Kaia Gerber

Ná:

FOTO Instagram / Kaia Gerber

Dra dit só:

Die stomp bob is vars en modern en lyk supersjiek. Boonop gee die snit volume aan fyner hare.

Stileer jou bob deur jou hare glad uit te blaas en dit met ’n bietjie glanssproei af te rond. Jy kan selfs ’n krultang gebruik om strandgolwe te skep. Sorg dat dit deur die dag mooi bly deur haarsproei aan te wend.

Daar is nog ’n magdom maniere waarop jy jou bob kan dra.

Bronne: www.refinery29.com, www.marieclaire.com