Die sangeres Demi Lovato het op Instagram ’n foto van haar nuwe gekleurde kapsel gedeel. Dié natuurlike brunette het haar lokke blond gekleur.

A post shared by Demi Lovato (@ddlovato) on

Demi se haarstilis Amber Maynard Bolt het aan die tydskrif People vertel dat dié sangeres iets nuut met haar hare wou probeer. Demi hou daarvan om met verskillende kleure en haarstyle te eksperimenteer.

Die kleurproses het twee dae geneem. Haar hare is nou goudbruin met karamelkleurige ligstrepe, net soos die aktrise Jennifer Aniston graag dra.

Sorg vir gekleurde hare 

Hare wat so ’n dramatiese kleur-verandering ondergaan, word onder geweldige spanning geplaas. Jou hare is ná so ’n kleurproses geneig om makliker te breek en benodig dus meer noukeurige versorging.

Die Brasiliaanse haarsorgreeks Inoar se Absolut Speed Blond-reeks is die perfekte opsie om blonde hare (natuurlik, gekleur of selfs grys) in stand te hou. Die sjampoe en opknapper (R280 elk) help om jou blonde haarkleur vars en sonder geelheid te hou. Gebruik die Inoar Speed Blond Mask (R450) weekliks vir ’n meer intense behandeling. Beskikbaar by uitsoek-salonne of aanlyn by www.inoar.co.za

1. Inoar Absolut Speed Blond Shampoo (R280 vir 250ml)

2. Inoar Absolut Speed Blond Conditioner (R280 vir 250ml) 

3. Inoar Absolut Speed Blond Duo Kit (sjampoe en opknapper vir R500)

4. Inoar Absolut Speed Blond Mask (R450 vir 250g)

Vanjaar se SARIE Voorbladgesig word moontlik gemaak deur Montblanc, INOAR, kykNET, Isa Carstens Akademie en Kalahari Lifestyle. Onthou om in jou Julie 2018-uitgawe te kyk wie die SARIE Voorbladgesig se top-40 gehaal het.