Die wêreld kan op die oomblik nie genoeg van die 90’s kry nie! Talle trends uit dié dekade is weer mode … donker lipstiffie, blou oogskadu, baby bangs (kort, versnipperde kuifie) en nou ook die kort en stomp bob-haarsnit waarmee ’n hele rits bekendes spog.

In die 90’s het die aktrises Drew Barrymore en Meg Ryan dié bob-haarsnit gewild gemaak. Nou het bekendes soos Selena Gomez, Margot Robbie en Vanessa Hudgens almal hul hare in dié styl gesny. Dis vars en modern en gee volume aan fyner hare. Omdat dit in lyn met jou kakebeen gesny word, raam dit jou gesig perfek. Die styl werk egter beter met reguit hare. Vir dikker hare kan jy ’n langer stompgesnyde snit probeer.

Selena Gomez

Angel ????

A post shared by Anna Collins (@annaballins) on

Vanessa Hudgens

??Monday morning vibessss??

A post shared by Vanessa Hudgens (@vanessahudgens) on

’n Stompgesnyde bob-haarsnit is boonop maklik om te stileer. Blaas jou hare eers uit en kam dit dan deur met ’n plat borsel (paddle brush). Rond dit af met ’n bietjie glanssproei.

Dié bekendes spog ook met die styl:

Jourdan Dunn

Pretty in Purple for @michaelkors ??????

A post shared by Jourdan Dunn (@jourdandunn) on

Margot Robbie

@margotrobbie x @chanelofficial

A post shared by Bryce Scarlett (@brycescarlett) on

Alison Brie

Sarah Paulson

Dua Lipa

Snip snip

A post shared by DUA LIPA (@dualipa) on