’n Korter haarstyl is tans baie gewild. Net vanjaar het bekendes soos Kristen Stewart, Katy Perry en ons eie Desiré Gardner en Rolanda Marais hul hare in ’n kort pixiestyl gesny, of sommer heeltemal afgeskeer. En pas het die aktrise Katie Holmes óók haar hare in ’n piexiestyl gesny.

Happy Wednesday:)

A post shared by Katie Holmes (@katieholmes212) on

Kort hare het houding, maar is terselfdertyd vroulik en sag danksy die subtiele tekstuur wat in die hare ingesny word. Die belangrikste ding om by ’n kort haarstyl in gedagte te hou is jou gesigvorm. Hoe weet jy watter kort haarsnit pas by jóú gesigvorm? Hier is raad.

Ovaal

As jy ’n ovaalvormige gesig het, is jou voorkop en kakebeen min of meer ewe breed. Jy’s gelukkig, want die meeste kort haarstyle lyk goed by jou gesigvorm. Vermy egter ’n swaar kuif.

Ster-inspirasie: Katy Perry en Sharon Stone

On the set: Today at the Haute Living photo shoot- A little snapshot

A post shared by Sharon Stone (@sharonstone) on

Hartvormig

Jy het hierdie gesigvorm as jou voorkop en wangbene breër is as jou kakebeen. Indien jy jou hare kort wil dra, laat sny ’n kuif wat jou voorkop ’n bietjie wegsteek.

Ster-inspirasie: Rolanda Marais en Desiré Gardner

FOTO: Verskaf

Rond

Ronde gesigte is min of meer net so lank as wat dit breed is. ’n Kort haarstyl met ’n sagte kantkuif verbloem ’n ronde gesigvorm. Fokus die volume bo en nie langs jou ore nie.

Ster-inspirasie: Michelle Williams en Kris Jenner

Get ready for summer with #LouisVuitton sunglasses, now available at louisvuitton.com and in stores.

A post shared by Louis Vuitton Official (@louisvuitton) on

Vierkantig

’n Breë voorkop en ’n hoekige kakebeen is kenmerkend van ’n vierkantige gesig. ’n Kort styl met sagte "veertjie"-lae en baie tekstuur pas goed by dié gesigvorm.

Ster-inspirasie: Evan Rachel Wood en Olivia Wilde

#MetBall preview with @evanrachelwood

A post shared by john.d (@hairbyjohnd) on

Current situation, after officially ending first 8 show week of #1984onBroadway previews. ?????? #wearethedead

A post shared by Olivia Wilde (@oliviawilde) on

Lang

As jou gesig langer is as wat dit breed is, het jy ’n lang gesigvorm. Pixie-haarstyle lyk veral mooi by hierdie gesigvorm. Meer tekstuur en volume aan die kante gee jou gesig effe breedte.

Ster-inspirasie: Nadia Valvekens en Helen Mirren

with a great beauty

A post shared by @helenmirren on

Bronne: www.instyle.co.uk, www.liveabout.com