Die knoop-bolla (top knot) bly maar net ’n staatmaker-kapsel! By die jaarlikse Cannes-filmfees wat tans in Frankryk plaasvind, is dit een van die gewildste haarstyle op die rooi tapyt. Van die veteraan-aktrise Julianne Moore tot die supermodel Bella Hadid het hierdie week met dié veelsydige styl gespog.

Julianne Moore

Bella Hadid

Dior Princess @bellahadid ?? @jenatkinhair #makeupbymaryphillips

A post shared by Mary Phillips (@maryphillips) on

Dié bolla, wat los of netjies hoog op jou kop vasgemaak word, kan heeljaar gedra word. Dit pas by enige haartipe en -lengte en kan gemaklik of formeel gestileer word. Dra dit los en deurmekaar vir ’n gemaklike voorkoms bedags of netjies vir ’n sjiek aand uit.

Amber Heard

Maak só jou eie knoop-bolla:

Stap 1: Maak jou hare by jou haarkroon in ’n hoë poniestert vas.

Stap 2: Deel jou poniestert in twee gelyke stringe en draai dit om jou vingers. Gebruik al twee jou hande om dit in dieselfde rigting te draai.

Stap 3: Draai dan die twee gedraaide haarseksies om jou haarrekkie in teenoorgestelde rigtings van mekaar om ’n bolla te vorm.

Stap 4: Maak seker elke gedraaide haarseksie is eweredig om jou haarrekkie gedraai en steek jou bolla vas met haarknippies.

Hailey Baldwin