PROMOSIE-ARTIKEL

Vergeet van haardroërs wat teen ’n spoed jou hare met warm lug en brandende filters verniel. Óf die flou tipe waarmee jy ure lank moet blaas.  

Vergeet ook van rooi rose, wit teddies en hartjie-sjokolades op Valentynsdag. 

Dyson het ’n span ingenieurs aangestel om die haardroër te herdink, herontwerp en herbou.

Dit ontwerp was beslis nie ’n ligte taak nie. Dyson het meer as R950 miljoen belê in die ontwikkeling van die nuwe haardroër. ’n Splinternuwe labratorium is opgerig en hier het ’n span ingenieurs vir vier jaar lank hare bestudeer. Hulle het al altesaam 1625 km se hare getoets! 

Die resultaat? Die Dyson Supersonic haardroër – die enigste geskenk wat jy dié maand van jou geliefde wil hê! 

Wat maak hierdie supersoniese haardroër anders?

1. Balans. Die haardroër se gepatenteerde en digitale motor is kragtig maar klein genoeg om in die handvatsel te pas. Dit verbeter die balans van die haardroer.

2. Die beskerm jou hare. Sommige haardroërs kan uiterste temperature bereik wat jou hare permanent kan verniel. Die Dyson Supersonic haardroër is ontwerp om jou hare te beskerm. Die temperatuur word twintig keer per sekonde gemeet en die meting beheer dan die hitte-element.

3. Vinnig, sterk en gefokus. Niks is so frustrerend soos ’n flou en stadige haardroër nie. Of ’n haardroër wat met alle mag en krag jou hare in alle rigtings blaas. Die Dyson Supersonic haardroër se slim tegnologie veroorsaak dat die lugdruk gewelddig sterk is, maar presies gefokus is om jou hare droog te maak en te stileer. 

4. Sag genoeg vir vroeë oggende. Wanneer jy jou hare voor werk in die oggend wil droog maak, moet mens dikwels huismaats in ag neem. Die Dyson-ingenieurs het die masjien spesiaal ontwerp om geraas te minimaliseer. Die motor in die handvatsel word omring deur geraas-dempende materiaal.

5. Genoeg verstellings om van te kies. Die Dyson Supersonic het vier verskillende instellings vir hitte, drie instellings vir lugdruk en ’n koue funksie ook. Boonop kan jy met behulp magnetiese aanhegsels jou hare op verskillende wyses stileer.

Die Dyson Supersonic™ haardroër het ’n twee jaar waarborg en dit is vanaf R6 499 beskikbaar by Gary Rom-haarsalon, gespesifiseerde @home en Hirsch-winkels en aanlyn te koop by www.dyson.co.za