Dis trouseisoen en voornemende bruide is aan die skarrel om alles perfek vir dié spesiale dag te kry. Jou grimering, naels en natuurlik hare is van die heel belangrikste dinge om ’n eksieperfeksie algehele voorkoms te verseker.

Die SARIE-skoonheidspan deel ’n paar wenke vir ’n haarvoorkoms wat beslis die koppe sal laat draai.

Volg dié wenke:

1. Moenie van haarverlengings vergeet nie

Ongeag hoe dik of lank jou hare is, kan jy gerus haarverlengings oorweeg. As jou hare in ’n opstyl gestileer word, help die haarverlengings vir ’n voller, treffende voorkoms. Dit help ook ekstra vassteekplek as jy byvoorbeeld ’n haarbykomstigheid gaan dra.

2. Moenie jou hare net voor jou troue kleur nie

Of jy net jou haarwortels wil kleur of ’n ander haarskakering wil probeer, moet jy dit minstens ’n week of twee voor jou troue doen. So sal die kleur natuurliker lyk omdat jy dan al genoeg kans gehad het om dit te was.

FOTO Instagram / Skoonlief Beauty

3. Moenie jou hare op die dag van jou troue was nie

Was jou hare ’n volle dag voor jou troue. SIlwerskoon hare is moeiliker om te stileer en kan makliker platval. Gebruik ’n haarmasker vir ekstra glans en volume.

4. Moenie jou hare te kort sny voor jou troue nie

Hare wat nuut gesny is, se punte is stomp en supergesond ... nie noodwendig ’n goeie ding vir jou hare op jou troue nie! Haarstyle bly makliker in plek te bly as jou punte nie té onlangs gesny is nie.

FOTO Instagram / Skoonlief Beauty

5. Moenie van vitamiene vir jou hare vergeet nie

Haarvitamiene gee haargroei en -gesondheid ’n wonderlike hupstoot. Drink dit getrou voor jou troue.

Probeer Prosana Hair & Nail Booster (R150)

6. Moenie te waaghalsig wees nie

Jou troudag is beslis nie die dag om vir die eerste keer met ’n vreemde haarstyl of -kleur te eksperimenteer nie. Probeer om soos die beste weergawe van jouself te lyk!

7. Moenie jou hare se glans afskeep nie

Besoek ’n haarsalon vir ’n glansbehandeling. Ekstra glans sal ’n groot verskil aan jou hare maak en pragtig op foto’s vertoon.

Probeer Gary Rom Hairdressing Silk Gloss Behandeling (R470). By Gary Rom-salonne

FOTO Instagram / Skoonlief Beauty