Bekendes soos Hilary Duff, Khloé Kardashian en Gigi Hadid se nuwe haarkleur pas perfek by die ysige winter waartydens hulle Kersfees gaan vier. Al drie vroue se hare is nou platinumblond gekleur, ’n skakering wat herinner aan die wit van sneeu.

Hoewel Kersfees vir ons Suid-Afrikaners sinoniem is met somer, son, see en laat aande op die stoep, kan jy steeds ’n witblonde skakering vir die feestyd probeer.

Onthou egter platinumblonde hare het ekstra versorging nodig om te verseker dat die haarkleur nie te gou geel en vaal begin lyk nie.

Hier volg ’n paar wenke om jou haarkleur mooi te hou:

1. Kies sjampoe wat spesifiek vir blonde hare geformuleer is.

Die regte sjampoe sal help om jou haarkleur te behou sonder om dit geel te laat vertoon.

2. Gebruik weekliks ’n haarmasker.

Die kleurproses kan jou hare beskadig, dus is dit belangrik om jou hare ekstra goed te versorg. ’n Haarmasker sal help om jou hare glansend en sag te hou.

3. Besoek gereeld jou haarkapper.

Soos wat jou hare uitgroei, sal jou natuurlike donkerder haarkleur gou wys. Laat jou haarkapper die donkerder wortels verbloem.

Probeer dié produkte:

1. John Frieda Sheer Blonde Colour Renew Tone Correcting Shampoo (R116)

2. Paul Mitchell Platinum Blonde Shampoo (R270)

3. Marc Anthony Brightening Coconut Butter Blondes Sulfate Free Shampoo (R140)

Bron: www.lorealparisusa.com