Soos wat ons ouer word, word fyn lyntjies en dieper plooie al hoe meer sigbaar. Velveroudering is gewoonlik rondom ons oë eerste sigbaar. Areas soos ons voorkop, rondom ons mond en nek volg daarna.

Vrouens tree ál meer proaktief op om op ’n voorkomende wyse fyn lyntjies en plooie hok te slaan. Ons is dankbaar vir effektiewe oplossings soos professionele behandelings en top gehalte velsorg wat ons vel beter toerus om vir langer mooi jeugdig te lyk. 

Teenveroudering is in noukeurige velsorg gesetel, maar het jy al meer ingreepsvrye kitsoplossings soos ’n ander haarstyl oorweeg? ’n Besoek aan jou haarkapper is dalk net wat jy nodig het om weer ’n jonger weergawe van jouself in die spieël te sien.

FOTO Instagram / Penelope Cruz

Oorweeg ’n kuif:

’n Kuif help om fyn lyntjies en plooie meteens te verbloem en skep ’n jeugdige voorkoms. Ons almal het iewers tydens ons skoolloopbaan ’n kuif gedra.

'n Kuif is veelsydig, te danke aan ’n magdom van verskillende kuifstyle is daar ’n kuif wat elke gesigvorm goed sal pas.

FOTO Instagram / Taylor Swift

Neem jou gesigvorm in ag en kies een van dié style:

Probeer die haarfoute vermy:

1. Jou hare is te lank

’n Korter haarstyl skep volume, lyk meer lewendig en lig jou gesig. Verskriklike lang hare doen presies die teenoorgestelde. Dit beteken nie dat lang hare taboe is nie, maar dis belangrik om jou haarpunte gereeld te sny en selfs effense lae te oorweeg. Maak seker jou haarkleur lyk goed versorg, so paar ligstrepe kan help om jou hare te lig en dimensie te skep. 

FOTO Instagram / Mara Roszak

2.  Jou haarkleur is te donker en onnatuurlik

Donkerkoppe wat net een skakering dra, is gewoonlik hieraan skuldig. ’n Eentonige, donker skakering kan jou ouer en uitgewas laat lyk. Boonop help dit om klem op jou vel te plaas wat plooie en fyn lyntjies meer kan beklemtoon. Oorweeg ’n effense ligter skakering of so paar ligstrepe wat goed by jou huidige donker hare inskakeer.

FOTO Instagram / Hung Vanngo

3. Jy het nog nie ’n kuif probeer nie

’n Sagte kuif wat jou gesig raam, skep ’n sensuele en jeugdige voorkoms. Dit komplementeer jou oë en wangbene en verbloem tekens van veroudering!

FOTO Instagram / Hung Vanngo

Bronne: www.dailymail.co.uk, www.prima.co.uk