Die MTV VMA-toekennings is gisteraand in New York uitgedeel en soos gewoonlik het die musiekbedryf se grootste sterre in styl opgedaag - lees ons modespan se mening hier. Die geleentheid is bekend vir waaghalsige uitrustings, haarstyle en grimering en party bekendes is met die vreemdste voorkoms op die rooi tapyt gewaar.

Die SARIE-skoonheidspan het veral één haarstyl opgelet. Bekendes soos Jennifer Lopez, Ariana Grande, Blake Lively en Nicki Minaj het almal hul hare so gedra.

Wat was die styl? Super-lank, blink en reguit.

FOTO: Getty

Só dra bekendes hul super-lang en blink hare:

Jennifer Lopez

FOTO: Getty

Ariana Grande

FOTO: Getty

Blake Lively

FOTO: Getty

Nicki Minaj

FOTO: Getty

Winnie Harlow

FOTO: Getty

Anna Kendrick

FOTO: Getty

Skep só super-reguit hare:

* Sorg dat jou hare heeltemal droog is en stryk dit dan glad.

* Wend áltyd vooraf ’n hittebeskermingsproduk aan.

* Borsel ’n paar keer deur jou hare om seker te maak daar is geen koeke in nie en om die hittestileringsproduk egalig deur jou hare te versprei.

* Kies ’n haaryster met keramiekplate omdat keramiek hitte beter versprei en keer dat jou hare met oneweredige hitte beskadig word.

* Werk in klein seksies. Stryk eers jou onderste hare glad en werk boontoe tot by jou kroon.

* Moenie jou haaryster meer as twee of drie keer oor ’n seksie hare stryk nie. As die hare nog nie glad is nie, moet jy dit in kleiner seksies verdeel.

* Vryf ná die tyd ’n haarolie deur jou hare. Dit voed droë hare, maak dit verder glad en gee glans.