Met haar blas vel, donker oë en lang, bruin hare is sy een van Suid-Afrika se mooiste vroue met verskeie tydskrifvoorblaaie agter haar naam. Nou het die model en ma van twee Lee-Ann Liebenberg haar lokke blond gekleur. 

FOTO: Instagram/@leeann_liebenberg

Lee-Ann het op sosiale media foto’s van haar nuwe hare gedeel. Nie almal kan hulle hare blond én donker dra nie, maar Lee-Ann wys hoe dit gedoen kan word. Dis omdat die warm blonde skakering goed by haar olyfkleurige veltoon werk. Dit wys dis belangrik om ’n haarkleur te kies wat jou veltoon komplementeer en nie vaal en uitgewas laat lyk nie.

FOTO: Instagram/@leeann_liebenberg

’n Olyf veltoon het geel en groen ondertone. Kleure soos kastaiingbruin, ligter skakerings soos kaneel of karamel, platinumblond en mokka sal by jou veltoon pas.

Lee-Ann is nie die enigste bekende met ’n olyf veltoon wat al verskeie haarkleure probeer het nie …

Jennifer Lopez

NEW YORK, NY - AUGUST 20: Jennifer Lopez attends
FOTO: Getty Images / Gallo Images
NEW YORK, NY - AUGUST 20: Jennifer Lopez attends
FOTO: Getty Images / Gallo Images

Eva Mendes

FOTO: Instagram/@evamendes
NEW YORK, NY - AUGUST 20: Jennifer Lopez attends
FOTO: Getty Images / Gallo Images

Gigi Hadid

FOTO: Instagram/@gigihadid
FOTO: Instagram/@gigihadid

Kim Kardashian

FOTO: Instagram/@kimkardashian
NEW YORK, NY - AUGUST 20: Jennifer Lopez attends
FOTO: Getty Images / Gallo Images

Bron: www.elle.com