1. GESOND & glansend

Die laaste paar jaar se neiging na natuurlike, moeitelose velsorg en grimering spoel nou ook oor na hare. “Een van die grootste haartendense van die seisoen is hare wat glansend gesond is en minimale stilering nodig het om mooi te lyk,” volgens Karen Botha, bemarkingsbestuurder van die Brasiliaanse haarsorgreeks INOAR in Suid-Afrika.

Pleks van oorgestileerde haarstyle wat baie volume en hittestilering verg, neem los hare met natuurlike tekstuur en hope glans nou die voortou, sê sy.

“En dit raak toenemend belangrik vir vroue om hul hare met die regte haarsorgprodukte en behandelings te versorg sodat dit van nature mooi val en minder hittestilering en selfs kleur nodig het.”

Goed versorgde hare begin by die regte tuissorg. “Die meeste SA vroue se hare het ’n tekort aan vog weens hittestilering en buitefaktore soos die son en weer. Gebruik daarom ’n goeie sjampoe, opknapper en haarmasker wat vog terugsit in jou hare. Selfs as jy fyn hare het wat maklik olierig word, is bevogtigende produkte noodsaaklik.”

Buiten goeie tuissorg maak ’n gereelde haarbehandeling by ’n salon ook ’n reuse-verskil. “’n Haarbehandeling versterk jou hare met net die regte hoeveelheid proteïene en werk dieper in die haarskag om dit van binne gesond te maak. Dit verbeter kroeserigheid en maak jou hare meer hanteerbaar sodat dit nie nodig is om dit so gereeld uit te blaas of glad te stryk nie.”

Daar’s ’n magdom behandelings om uit te kies en jou haarstileerder kan die behandeling aanpas deur jou unieke haarkwessies in ag te neem. 

INOAR Efeito Photoshop Shampoo en Conditioner (R500 vir albei) en Mask (R450).

By uitsoeksalonne en aanlyn by www.inoar.co.za. Klik hier om dit te koop

2.  Los opstyle & HAARBYKOMSTIGHEDE

As jy langer hare het, is dit nou die tyd om te speel met los opstyle en haarbykomstighede. ’n Lae poniestert of ’n bolla wat effens losgetrek is, soos wat die hertogin van Sussex, Meghan Markle, graag dra, is gemaklik maar steeds stylvol.

Wend ’n produk wat tekstuur gee aan jou hare en maak dit rofweg vas. Trek dan ’n paar stringe hare rondom jou gesig uit en rond die styl af met ’n ligte haarsproei om alles in plek te hou.

’n Mooi bykomstigheid kan by los of vas hare gedra word en gee in ’n kits drama aan selfs die eenvoudigste haarstyl: van bonkige haarbande en kunsblomme tot fyn minimalistiese haarknippe en linte van satyn of fluweel. 

INOAR Divine Curls Finishing Gel (R280).

By uitsoeksalonne en aanlyn by www.inoar.co.za. Klik hier om te koop.

3. Warm, blonde haarkleur

Blonde hare is vars, vrolik en prettig vir lente, sê Kenny Orchison, stileerder by Entourage Hair in Pretoria. Maar pleks van verskeie blonde skakerings kies vroue nou ’n enkele haarkleur met net een of twee ligstrepie-skakerings om ’n bietjie dimensie te gee.

“Daar’s ’n groot neiging na minimalistiese haarkleur omdat vroue al hoe meer bewus word van die skade wat kleurveranderinge aan hul hare aanrig. ’n Natuurliker haarkleur verg minder moeite om te kleur en hoef nie so gereeld opgeknap te word nie.”

Warm skakerings van goud, heuning en karamel is veral gewild. Dra dit as een kleur blond of as ligstrepies saam met swart en bruin hare. Onthou net, dié skakerings lyk die mooiste by ’n warm veltoon en moet eerder vermy word as jou vel geneig is om rooi ondertone te hê, sê Kenny.

INOAR Speed Blond Shampoo en Conditioner (R500 vir albei) en Mask (R450).

By uitsoeksalonne en aanlyn by www.inoar.co.za. Klik hier om te koop. 

4. Sagte, vloeiende golwe

Los hare wat liggies gegolf is, raak nooit uit die mode nie.

As jy ’n natuurlike krul in jou hare het, wend ’n haarmousse of krulroom aan jou klam hare en laat dit vanself droog word. As jy reguit hare het, kan jy dun stringe hare vat en met jou vingers in ’n S-vorm buig. Gebruik dan jou haaryster om met vinnige knypbewegings van bo na onder ’n sagte golf in die S-vorm-haarstring te “druk”. Onthou om vooraf ’n produk aan te wend wat jou hare teen die hitte van die haaryster beskerm, sê Karen Botha van INOAR.

INOAR Argan Oil Thermoliss Anti-Frizz Styling Balm (R440).

By uitsoeksalonne en aanlyn by www.inoar.co.za. Klik hier om te koop. 

5. Die bob – OOK VIR KRULLE

Die bob of lob bly gewild, maar elke seisoen is daar ’n nuwe manier om dié veelsydige snit te dra, sê Kenny. Die mode beweeg nou weg van asimmetriese style (waar jou hare voor ’n bietjie langer is as agter) en meer na ’n styl wat een lengte gesny word met sagte lae by die haarpunte vir subtiele tekstuur. ’n Stomp bob wat in lyn met jou kakebeen gesny is, werk goed om volume te skep. ’n Langer eenlengtesnit met fyn lagies beklemtoon ’n natuurlik golwende haartekstuur en gee definisie.

INOAR Kálice Multi-functional Oil (R780).

By uitsoeksalonne en aanlyn by www.inoar.co.za. Klik hier om te koop.