’n Vlegsel is só veelsydig, jy kan dit stileer om by enige geleentheid te pas! Dit is ’n tydlose styl wat perfek met enige haartipe en –kleur werk. Hoekom bly vlegsels dan in die mode? Dis ’n haarstyl wat konstant aan die vernuwe is, daar is so baie vlegsel-style wat beide oud en jonk pas.

FOTO: Charné Kingwill

FOTO: Instagram/@donnalee_r
FOTO: Instagram/@donnalee_r

Die gewilde SA aktrise Donnalee hou veral daarvan om vlegsels in haar hare te maak. Donnalee werk gereeld saam met die plaaslike stilis en grimeerkunstenaar Suna Robberts om haar lang donker hare eksie-perfeksie vir die kamera en rooitapyt te kry. Die SARIE-skoonheidspan het met Suna gesels oor hoekom vlegsels van haar gunsteling-haarstyle is.

FOTO: Instagram/@donnalee_r
FOTO: Instagram/@donnalee_r

“Ek dink vlegsels is een van die beste uitvindsels ooit, die beste van alles is dat daar so ’n groot verskeidenheid van verskillende vlegsels is sodat jy jou voorkoms vinnig kan verander deur jou hare op verskillende maniere te vleg.”

Suna sê dat vlegsels verskillende style kan naboots.

Die visgraatvlegsel en watervalvlegsel is perfek vir ’n meer romantiese stylpersoonlikheid:

FOTO: Instagram/@donnalee_r
FOTO: Instagram/@hairismycanvas

’n Franse vlegsel skep ’n meer klassieke voorkoms: 

FOTO: Instagram/@bookplaits

Cornrows is weer gepas vir ’n sportiewe styl:

FOTO: Getty

As jy meer van ’n boheemse styl hou, is kroonvlegsels of milkmaid-vlegsels perfek:

FOTO: Instagram/@donnalee_r

“Die onderstebo vlegsel met n haarstrik reg bo op die kop is vir 'n meer dramatiese stylpersoonlikheid gepas.”

FOTO: Instagram/@fashionxposed91
FOTO: Instagram/@hairbyjoel

“Daar is maklike maniere om te vleg en dan is daar vlegsels wat ’n bietjie meer oefening vat, soos die nuwe DNA-vlegsels. Dis ongelooflik om te sien dat daar steeds gereeld nuwe skeppings is wat mens kan probeer.”

Sogenaamde DNA-vlegsels, wat die vorms van DNA-spirale naboots, is nou ’n groot tendens op Instagram:

FOTO: Instagram/@alexandralee1016

Volgens Suna is daar nie vlegsels wat net by sekere geleenthede pas nie. “Dit gaan oor jou stylpersoonlikheid, jy kan ’n deurmekaar vlegsel in die dag dra, maar dit kan net so mooi lyk in die aand.”