Ons eie voormalige Mej. Heelal Demi-Leigh Tebow wat in Jacksonville, Florida, saam met manlief Tim woon, is ’n tydlose skoonheid. Ons kan net nie genoeg van Demi-Leigh, die meisie van Sedgefield, kry nie.

FOTO Hanri Human

Haar aanhangers hou haar sosialemedia-blaaie altyd fyn dop vir styl-, hare- en grimeer-inspirasie. En sy stel nooit teleur nie!

Nou het Demi-Leigh haar nuwe haarstyl gedeel, ’n treffende lob (of lang bob). Dis die eerste keer wat ons haar met ’n korter haarstyl gewaar sedert sy in die kollig is.

Kyk net hier:

View this post on Instagram

Feeling a whole lot lighter??. Been dreaming of cutting my hair for way too long. Life’s too precious not to do the things you want ??

A post shared by Demi-Leigh Tebow (@demitebow) on

Die lang bob is al ’n hele ruk lank dié haarstyl onder internasionale en plaaslike bekendes. Ons kan sien waarom: dit pas enige gesigvorm én lyk mooi by jonk en oud. Boonop is dit ’n veelsydige styl wat jy maklik kan stileer. Hier is vyf lob-variasies om dié seisoen mee te eksperimenteer.

Asimmetries

Dié snit is waar jou hare voor bietjie langer is as agter. Dis vleiend en veelsydig en kan met ’n kant- of middelpaadjie gestileer word.

Ster-inspirasie: Margot Robbie

FOTO Instagram / Bryce Scarlett

Stompgesny

Stompgesnyde haarpunte (die sogenaamde blunt cut) is tans net so gewild. Dis modern en sjiek en werk veral goed by reguit, fyn hare.

Ster-inspirasie: Lucy Hale

FOTO Instagram / Lucy Hale

In lae met ’n versnipperde kuif

’n Kort, versnipperde kuif of baby bangs saam met ’n lob wat in lae gesny is, is waaghalsig en stylvol. Dit werk veral vir dikker hare omdat dit jou hare minder “swaar” laat lyk.

Ster-inspirasie: Selena Gomez

FOTO Instagram / Selena Gomez

Skouerlengte

’n Lob wat net bo jou skouers gesny word met sagte lae is klassiek. Dra dié styl as jy wil eksperimenteer met korter hare, maar nie noodwendig jou hare in ’n bob wil sny nie. Maak seker jy laat sny jou haarpunte so elke ses weke om dit gesond en glansend te hou.

Ster-inspirasie: Brie Larson

FOTO Instagram / Bryce Scarlett

Een lengte met tekstuur

As jy dikker en krullerige hare het, is ’n lob in een lengte perfek. Dit beklemtoon ’n natuurlik golwende haartekstuur en gee definisie. Dis ook makliker om jou hare uit te groei met dié snit.

Ster-inspirasie: Lucy Hale

FOTO Instagram / Lucy Hale