Met grendeltyd moes vroue hul lokke sonder die hulp van ervare haarkappers trotseer. Party het kuiwe gesny, ander het bokskleur gegryp en sommige het besluit om daai grys uit te groei.

In die SARIE se September 2020-uitgawe, nou te koop, verklap Nicky Steenstra van Somerset-Wes dat sy haar gryshare gedurend inperking uitgegroei het en is nie van plan op dit ooit weer te groei nie. Lees meer oor die Going Gray Gracefully-beweging in jongste uitgawe. 

Gwyneth Paltrow, wat bekend is vir haar heuningblond lokke, het besluit om haar grys haarwortels te aanvaar. Sy het hierdie gier gronde gedoop en is mal daaroor. 

Gwyneth met spog met “gronde”. Hier is sy saam met haar ma, Blythe Danner, en dogter, Apple. FOTO Instagram / Gwyneth Paltrow

Volgens Monica van der Walt, SARIE se skoonheidsredakteur, het die pandemie deels bygedra tot vroue se aanvaarding van grys word.

“Vroue is die laaste paar jaar al hoe meer besig om hul natuurlike grys hare te aanvaar en mee te eksperimenteer,” verduidelik sy. “Maar ek dink die inperking het vir baie vroue ’n kans gegee om uiteindelik die “sprong” te vat om dit te laat uitgroei.”

Monica meen gronde is ’n slim manier vir blondines om maklik oor te gaan tussen grys en blond. “Blondines kan dit gebruik om stelselmatig hul grys hare uit te groei.”

Só hou jy daai gryslokke gesond: 

FOTO Unsplash

1. Gebruik ’n goeie sjampoe en opknapper wat geformuleer is om hare te bevog en kroeserigheid teen te werk, sodat jou hare makliker is om te hanteer en stileer. Kyk uit vir haarsorgprodukte met woorde soos “anti-frizz”, “smoothing”, “hydrating” en “nourishing” op die bottel.                             

2. Probeer ook ’n sjampoe en opknapper wat olie bevat. Dit help om die haarkutikels te seël sodat jou hare gladder lyk. Gladder hare blink meer omdat dit lig reflekteer.

3. Hou jou grys hare gesond deur dit weekliks met ’n bevogtigingsmasker te behandel. Oorweeg dit ook om sowat elke drie maande ’n haarsalon te besoek vir ’n bevogtigende haarbehandeling.

4. ’n Voedende haarolie is ’n móét-hê vir grys hare. Jy kan ’n haarolie aan jou klam hare wend nadat jy dit gewas het vir ekstra vog of ’n bietjie aan jou haarpunte wend nadat jy jou hare gestileer het om dit te voed en gladder te laat lyk.

5. Grys hare kan maklik geel lyk ná ’n ruk, veral as jy gereeld in die son kom. Gebruik af en toe ’n silwer of pers sjampoe of opknapper wat geelheid teenwerk. Wees ook op die uitkyk vir stileringsprodukte wat jou hare teen UV-strale beskerm.

Bronne: www.allure.comwww.dailymail.co.uk