Die seisoene is aan die wissel en dit beteken net één ding: Nuwe tendense begin kop uitsteek.

Op die haarkleur-front is die nuutste om jou hare donker sjokoladebruin te kleur. Dié warm skakering is in die kol vir herfs.

Bekendes soos Emma Roberts, Sarah Hyland, Mandy Moore, Charlize Theron, Kaia Gerber en Emilia Clarke het onlangs gewys dat sjokoladebruin absoluut onweerstaanbaar is!

Dis klassiek en boonop baie maklik om te onderhou. Dit sal alle gelaatskleure komplementeer.

FOTO Getty Images / Gallo Images

Dís hoekom jy jou hare sjokoladebruin moet kleur:

1. Gesonder hare: Die kleursel voed jou hare en droog dit nie uit soos wat ligter skakerings doen nie.

2. Glansende lokke: Donker hare weerkaats lig beter, wat tot ’n glansende voorkoms lei.

3. Komplementeer jou gelaatstrekke: Bruin hare laat jou gelaatstrekke meer uitstaan aangesien dit ’n duidelike kontras met jou vel skep.

Watter skakering sal jou pas?

Ligte vel: Kastaiingbruin sal ’n ligte gelaat perfek komplementeer. Pasop vir ’n té donker kleur, dit kan jou gesig hard laat lyk.

Olyfkleur: Donkerbruin met een skakering ligter sonstrepe werk goed. Dit skep ’n meer gedefinieerde voorkoms.

Donker: Jou haarkleur is moontlik reeds donker! Probeer warm skakerings van donkerrooi om jou hare op te helder.

Ster-inspirasie:

Emma Roberts

FOTO Instagram / Emma Roberts

Sarah Hyland

FOTO Instagram / Sarah Hyland

Mandy Moore

FOTO Instagram / Mandy Moore

Charlize Theron

Charlize by vanjaar se 91ste Oscar-toekennings FOTO Getty Images / Gallo Images

Kaia Gerber

FOTO Instagram / Kaia Gerber

Emilia Clarke

Emilia Clarke spog met nuwe hare op die rooi tapyt. FOTO Getty Images / Gallo Images

Bron: www.refinery29.com