Suid-Afrikaners was die afgelope week baie verlig oor haarsalonne weer sake kon begin doen. Van donker haarwortels tot onwelkome grys hare, gesplete punte of hare wat hul styl verloor het, ’n mooi prentjie was dit beslis nie!

Maar as die finansies dalk knyp, jou haarkapper reeds vol bespreek is of as jy na jou natuurlike haarkleur wil terugkeer, hier is 4 maklike maniere om uitgroeihare te verbloem.

1. Haarbykomstighede

Haarbykomstighede is supergewild en ’n treffende manier om jou haarvoorkoms mooi af te rond. Dra ’n haarband of serp om jou uitgroeihare weg te steek. Boonop is dit ’n lekker oplossing vir die dae wat jy nie jou hare wil was nie.

FOTO Instagram / Poetry
FOTO Instagram / Lele Sadoughi

2. Gekleurde haarsproei

Dit bedek uitgroeihare in ’n kits. Kam jou hare en verdeel dit in werkbare seksies. Sproei die gekleurde haarsproei so 10 cm van jou gesig af aan jou haarwortels.

View this post on Instagram

@lorealparis

A post shared by Eva Longoria Baston (@evalongoria) on

3. Knoop-bolla (top knot)

’n Bolla wat los of netjies bo-op jou kop vasgemaak word, is jou antwoord om haarpunte wat sigbaar ligter of donkerder is as jou haarwortels, te verbloem. Dit help ook om jou kopvel te bedek, wat uitgroeihare minder opsigtelik maak.

FOTO Instagram / Poetry
FOTO Instagram / Emma Chen Artistry

4. Hoed

Waag so bietjie en dra ’n pragtige hoed of mus. Dit sal beslis die koppe laat draai en dis die vinnigste manier om jou haarwortels te verbloem.

FOTO Instagram / Witchery
FOTO Instagram / Witchery
FOTO Instagram / Simoné Pretorius