Ons versorg ons hare, maar vergeet dikwels om te let op die gesondheid van ons kopvel. Jou kopvel word daagliks blootgestel aan dieselfde buitefaktore en vuilheid as jou gesig, en raak, nes jou vel, van miljoene dooie selle ontslae.

Gelukkig vorm die natuurlike olie wat deur jou haarwortels vervaardig word, ’n beskermende lagie oor die veloppervlak en handhaaf so ’n gesonde balans, verduidelik Karen Botha, bemarkingsbestuurder van INOAR in SA.

Genetika, spanning, ’n ongebalanseerde dieet en die verkeerde haarsorgprodukte kan egter dié balans versteur. Mettertyd bou onsuiwerhede op wat jou kopvel kan uitdroog, irriteer en tot droë vlokkies of ’n uitslag lei.

’n Sterproduk vir kopvel-gesondheid is suiwer klapperolie, sê Karen. Dit bevat louriensuur, ’n vetsuur met antibakteriële eienskappe wat dit uitstekend maak vir die behandeling van ’n droë, jeukerige kopvel.

1. INOAR Virgin Coconut Oil (R350)

By uitsoeksalonne en www.inoar.co.za

SARIE Voorbladgesig word trots aangebied in samewerking met Jimmy Choo ParfumsINOARIsa Carstens Akademie en Kalahari Lifestyle