Die lob (of lang bob) was in 2018 supergewild. Dié haarstyl is ideaal vir diegene wat hul hare korter wil dra, maar steeds lengte wil hê. Nou is die nuutste haar-tendens om jou hare nóg korter te sny.

Die aktrise Mandy Moore het onlangs ’n Instagram-foto van haar met haar korter hare gedeel. Sy het haar hare die laaste tyd in ’n lob gedra, maar nou het sy dit in ’n korter, stomp bob laat sny.

Dit lyk of korter haarstyle hier is om te bly. Ons is gaande oor Mandy se stomp bob, want dis perfek as jy jou hare korter wil dra, maar steeds wil kan vasmaak of met krulle stileer. Ook Charlize Theron en Emilia Clarke het onlangs hul hare in ’n bob gesny. Lees die artikel hier

VOOR

FOTO Instagram / Mandy Moore

NA

FOTO Instagram / Mandy Moore
 

Dra dit só:

Die stomp bob is vars en modern en lyk supersjiek. Boonop gee die snit volume aan fyner hare.

Stileer jou bob deur jou hare glad uit te blaas en dit met ’n bietjie glanssproei af te rond. Jy kan selfs ’n krultang gebruik om strandgolwe te skep. Sorg dat dit deur die dag mooi bly deur haarsproei aan te wend.

Daar is nog ’n magdom maniere waarop jy jou bob kan dra.

Probeer een van dié haarstyle:

1. Agter jou oor ingesteek

FOTO Instagram / Jennifer Lawrence

2. Met ’n kuif

FOTO Instagram / Vanessa Hudgens

3. Met elegante S-golwe

FOTO Instagram / Kendall Jenner

4. Met ’n middelpaadjie

FOTO Instagram / Lucy Hale

5. Halwe opstyl

FOTO Instagram / Lucy Hale