Jou troudatum is om die draai en al die laaste reëlings word uiteindelik van jou doenlysie afgemerk. Maar wat van jou hare? Het jy al mooi gedink hoe jy op dié spesiale dag jou hare gaan dra?

Kies ’n haarstyl wat tydloos is en nie jou voorkoms gaan oorweldig nie. Jy kan self ’n opwindende haargier probeer, maar dis belangrik om dit op so ’n wyse te dra dat jy nie later spyt gaan wees nie. Kombineer moderne stylneigings met ’n klassieke kinkel sodat dit tydloos sal lyk.

Die SARIE-Skoonheidspan het in die argiewe gaan soek na bekende bruide wat op hul troudag die kollig gesteel het. Dié bruide se haarstyle hoort in jou plakboek en kan as ’n goeie verwysing dien as jy die dag jou haarstileerder voor jou troudag besoek.

Suzanne Potgieter, die grimeerkunstenaar en haarstileerder agter Skoonlief, deel slim raad wat bruide moet onthou:

  • Alle goeie style begin met gesonde hare. Besoek jou salon gereeld in die aanloop tot jou troue vir intensiewe opknappingsbehandelings en om jou haarpunte te knip.
  • Moenie bang wees om van die lengte te verwyder nie. Die romanse van lang hare is aanloklik vir bruide, maar korter gesonde hare is veel mooier as dun, droë slierte.
  • Jou trourok se styl is belangrik. By 'n boheemse rok gaan ’n stywe opstyl nie pas nie. As jou rok ’n mooi oop rug het, gaan ’n opstyl juis mooi lyk om die aandag daarop te vestig. Jou styl bepaal dus letterlik jou haarstyl.
  • Moenie bang wees vir haarsproei nie. Formules het baie verander, taaiheid of hardheid is nie meer ter sprake nie. Haarsproei hou jou opstyl in plek en jou los krulle hou ook langer.

Kyk net hier:

Grace Kelly

FOTO Instagram / For Grace Kelly

Lauren Bacall

FOTO Instagram / Lauren Bogart Bacall

Judy Garland

FOTO Instagram / Coolcat 569

Brigitte Bardot

FOTO Instagram / Vintage Icons Darling

Anna Karina

FOTO Instagram / Bangs Vintage

Bianca Jagger

FOTO Instagram / Artemis

Amal Clooney

FOTO Instagram / Amal Clooneyy
FOTO Instagram / Amal Clooneyy

Olivia Palermo

FOTO Instagram / Olivia Palermo

Meghan Markle

FOTO Instagram / Kensington Royal

Hailey Bieber

FOTO Instagram / Hailey Bieber

Sophie Turner

FOTO Instagram / Sophie Turner

Donnalee Roberts

Die egpaar het vroeër vanjaar hul bruilofsfees oor twee dae in die Boland gevier. Foto: Instagram/@ivanbotha17
FOTO Jenni Elizabeth

Cintaine Schutte

FOTO Jenni Elizabeth
FOTO Jenni Elizabeth

Marise Pollard

FOTO Coetzer Cooke
FOTO Coetzer Cooke

Amalia Uys

Amalia Uys het in 2017 met Shaun Golding getrou. FOTO’S Hanri Human
FOTO Hanri Human

Demi-Leigh Tebow

FOTO Hanri Human
FOTO Hanri Human

Bronne: www.vogue.com, www.brides.com