Ons is al gewoond aan bekendes soos Kylie Jenner, Lucy Hale en Hailey Baldwin wat met verskillende haarkleure eksperimenteer. En al drie van hulle het al hul hare pienk gekleur. Maar dié skakering is nie net vir die jonges nie. Die Oscar-bekroonde aktrise Julia Roberts (51) wys pienk hare kan ook by ouer vroue mooi lyk. Sy het op sosiale media foto’s van haar nuwe haarkleur gedeel.

View this post on Instagram

#VOTE????

A post shared by Julia Roberts (@juliaroberts) on

“Ek het dit sélf gedoen,” het die aktrise op die kletsprogram Jimmy Kimmel Live verklap. Sy wou soos ’n flamink vir Halloween aantrek, vandaar die pienk hare. Sy gaan nog so vier tot ses weke met die pienk hare moet loop.

FOTO: Getty Images / Gallo Images
FOTO: Getty Images / Gallo Images

Julia se haarwortels is steeds blond. Die skakering wat effens soos roosgoud lyk, raak meer sigbaar by haar haarpunte. Ons is gaande oor dié haarkleur, dit pas Julia perfek.

Roosgoud is tans supergewild in die skoonheidswêreld. Van hare en naels tot parfuum!