’n Japannese babadogtertjie het die internet aan die gons. Baba Chanco is maar een jaar oud, maar het reeds ’n advertensieveldtog vir die haarsorgreeks Pantene losgeslaan. Ons kan heeltemal verstaan hoekom.

FOTO Instagram / Baby Chanco
FOTO Instagram / Baby Chanco

Sy het die mooiste dik bos hare. Dis selde dat kinders op só ’n jong ouderdom ’n kop vol hare het. Die adverteerders het haar raakgesien nadat haar ma vir haar ’n Instagram-profiel geskep het.

Baie van ons sou wat wou gee vir Baba Chanco se hare. Wie smag nie na dikker hare wat vinniger groei nie? Daar is wel wenke wat jy kan volg.

FOTO Instagram / Baby Chanco
FOTO Instagram / Baby Chanco
FOTO Instagram / Baby Chanco

Volg dié wenke:

1. Gebruik die regte sjampoe en opknapper

Kies produkte wat vir jou spesifieke behoeftes geformuleer is. Wees op die uitkyk vir produkte wat woorde soos “thickening” en “boost” op die verpakking bevat.

2. Versorg jou kopvel

Jou kopvel huisves jou haarfollikels sowel as oliekliere. ’n Gesonde kopvel is bevog en word met voldoende natuurlike olies gevoed. Wanneer jy jou hare was, masseer jou kopvel om die bloedsirkulasie daarheen te stimuleer. Probeer om jou hare nie meer as drie keer ’n week te was nie om die natuurlike olie- en pH-balans gebalanseer te hou.

3. Probeer aanvullings

’n Tekort aan vitamiene en minerale kan jou haargroei beïnvloed. Vitamienaanvullings kan help met haargroei deur jou haarwortels te voorsien van noodsaaklike voedingstowwe wat jy nie deur jou dieet inkry nie.

4.  Vermy hitte

Hitte beskadig jou hare en laat dit uitdroog en breek. Vermy onnodige stilering en gebruik altyd ’n hittebeskermende produk as voorsorg.

5. Borsel jou hare

Dis belangrik om gereeld jou hare te borsel. Dit versprei die natuurlike olies egalig oor jou hare, wat dit beskerm en glansend laat vertoon.

Bronne: www.washingtonpost.com, www.elle.com