Kim het die afgelope naweek haar nuwe haarstyl op Instagram gedeel. Haar hare is in ’n stylvolle A-lyn bob gesny. Ons is gaande oor hoe glansend en sjiek dié haarstyl lyk!

FOTO: Getty

Dis die kortste styl wat Kim tot dusver gehad het. Kim het haar en haar jonger suster Khloé, wat ook met ’n soortgelyke bob pronk, se haarstyle as “moms with bobs” beskryf. Hierdié kapsel lyk geensins soos die outydse en vervelige mom bob nie! 

FOTO: Instagram/@kimkardashian

Ons kon nie glo hoe mooi glansend Kim se hare is nie! Hiér is ’n paar wenke oor hoe jy jou hare ekstra glans kan gee:

1. Wend teeboomolie aan jou hare. Dit help om jou haarwortels en kopvel goed skoon te maak deur olierigheid en stileringsprodukte behoorlik te verwyder, sonder om die natuurlike oliebalans en glans te versteur.

2. Haarolies wat roosbottel-olie (rose hip) bevat, gee glans en voorkom kroeserigheid.

3. Eet kos ryk aan proteïne, soos olierige vis en eiers. Dit help met die vervaardiging van keratien wat die groei van hare bevorder.

4. Wend weekliks/maandeliks ’n haarmaskeer aan. 

5. Voed jou hare met klapperolie. Dit gee vog aan uitgedroogde hare wat help dat jou hare meer glansend lyk.

Probeer dié produkte:

1. Inoar* Vegan Oil (R600). By uitsoeksalonne of aanlyn by www.inoar.co.za

2. Schwartzkopf Professional Blondme Shine Elixir (R147). By uitsoeksalonne

3. Hask Keratin Protein Smoothing Shine Oil (R63). By Clicks

Vanjaar se SARIE Voorbladgesig word moontlik gemaak deur Montblanc, INOAR, kykNET, Isa Carstens Akademie en Kalahari Lifestyle. Onthou om in jou Augustus 2018-uitgawe te kyk wie die SARIE Voorbladgesig se top-10 gehaal het.