Haarsny-koors loop hoog, maar ’n dramatiese nuwe haarsnit is nie die enigste manier om jou voorkoms op te kikker nie. Ja, jy kan jou haarstyl in ’n kits nuwe lewe gee deur bloot jou haarpaadjie te verander! En as jy ons nie glo nie, kyk net watter verskil dié bekendes se haarpaadjies aan hul voorkoms maak.

Gelukkig kan die meeste van ons ’n middel- óf kantpaadjie dra

Middelpaadjies is nou hoogmode en lyk veral mooi by hare met hope tekstuur, sê Brittny Amorim, haarstileerder by die Scar-haarsalon in Kaapstad. Die ideale middelpaadjie lê egter nie presies in die middel van jou gesig nie, want dit kan ’n asimmetriese gesig beklemtoon. Skep daarom jou middelpaadjie eerder sowat ’n sentimeter na links of regs. Blaas eers jou hare halfpad droog en gebruik dan jou vingerpunte om die middel van jou haarlyn effens op te lig en dit dan natuurlik weerskante van jou paadjie te laat val, sê Brittny.

As jy fyn, reguit hare het wat geneig is om plat te lyk, kies eerder ’n kantpaadjie. Dit gee natuurlike volume aan jou hare, sê Brittny. ’n Kantpaadjie kan ook ’n ronde of vierkantige gesigvorm langer laat lyk en jou kakebeen, oë of wenkbroue beklemtoon.

Kyk na dié bekendes se haarpaadjies vir inspirasie ...

Reese Witherspoon

FOTO: Getty

Minki van der Westhuizen

FOTO: Instagram / Minki van der Westhuizen

Kim Kardashian

FOTO: Getty

Donnalee Roberts

FOTO: Instagram / Donnalee Roberts

Olivia Munn

FOTO: Getty

Bykomende bronne: www.refinery29.comwww.byrdie.co.uk