Die voormalige Mej. SA en Mej. Wêreld 2014, Rolene Strauss, het onlangs op Instagram ’n foto van haar met haar natuurlike krulle gedeel. By dit moedig sy volgelinge aan om net hulself te wees. Ons is gaande oor die pragtige foto! 

FOTO: Instagram/@rolenestrauss

Het jy ook krulhare? Só laat jy jou krulle op hul mooiste lyk …

1. Laat sny gereeld jou haarpunte

Só raak jy ontslae van gesplete punte en keer jy dat jou hare te erg koek. Gesplete punte laat jou hare leweloos en onversorgd lyk. Sny jou haarpunte elke 6-8 weke vir ’n vars, versorgde voorkoms.

2. Gebruik ’n haarserum

’n Serum help om jou hare te versag en jou krulle te definieer. Versprei die serum tussen jou handpalms en gebruik dan jou vingerpunte om dit in jou hare in te werk.

3. Gebruik ’n wyetandkam

Gebruik ’n groter wyetandkam om jou hare sagkens uit te kam. ’n Gewone borsel kan krulhare kroeserig laat lyk.

4. Kam eers jou haarpunte uit en dan die wortels

Sodoende kan jy gekoekte haarpunte makliker uitkam. As jy by die wortels begin, vorm daar net nóg koeke.

5. Wend ’n opknapper op jou haarpunte aan

Krulhare is geneig om droog te wees. Wend ’n bietjie opknapper op jou haarpunte aan nadat jy gestort het.

6. Kies die regte sjampoe vir jou hare

Wees op die uitkyk vir haarsorgprodukte wat spesiaal ontwikkel is vir krulhare. Dit bevogtig jou hare sonder om jou krulle swaar te laat voel.

Probeer dié produkte:

Probeer INOAR se Divine Curls-reeks. Dit bevat ’n sjampoe en opknapper (R280 elk), ’n masker (R550), asook ’n Finishing Gel (R280) wat jy aanwend net voor jy jou hare stileer. Die reeks bevogtig krulhare, wat geneig is om gedehidreer te wees. Die bestanddele laat nie jou swaar hang nie, wat ’n gesonde wip verseker.

1. INOAR Divine Curls Shampoo (R280)

2. INOAR Divine Curls Conditioner (R280)

3. INOAR Divine Curls Mask (R550)

4. INOAR Divine Curls Finishing Gel (R280)

Beskikbaar by uitsoeksalonne of aanlyn by www.inoar.co.za

SARIE Voorbladgesig 2018 word met trots geborg deur Montblanc Lady Emblem, INOAR, Isa Carstens Academy, Kalahari en kykNET.