Lank of kort, die Afrikaanse aktrise Leandie du Randt Bosch se hare lyk altyd mooi. Leandie is veral lief daarvoor om ’n kuif te dra en het pas weer haar kenmerkende lang, soliede kuif laat opknap. Sy het dié foto op Instagram gedeel.

’n Lang kuif saam met ’n bob- of lob-haarstyl is nou veral gewild. Dis een van die maklikste en vinnigste maniere om nuwe lewe in jou haarstyl te blaas, veral as jy nie noodwendig ’n drastiese haarverandering wil hê nie.

En net omdat jy ’n kuif het beteken nie jy hoef jou hare heeltyd op dieselfde manier te dra nie. Kyk net die verskillende maniere wat Leandie en ander bekendes hul kuif stylvol stileer.

Wenk: As jy bekommerd is dat jou kuif deur die dag sal platval en leweloos lyk, spuit soggens ’n paar spuitjies droë sjampoe aan die onderkant van jou kuif. Dit sal oortollige olie absorbeer wat deur die dag op jou voorkop gaan sit.

Stileer jou kuif na die kant

Maak jou kuif vas in ’n hoë knoop-bolla

Road trip ?? lekker Randfontein en Potch vibes #shows #liefdewen @liefdewen @bouwerbosch @fordsouthafrica @eyewearboutique

A post shared by Leandie du Randt Bosch ????‍?? (@leandiedurandt) on

Hou jou kuif in plek met ’n interessante haarband

Nothing like a mooi kopdoek for a bad hairday #silk #scarf @eyewearboutique

A post shared by Rolanda (@rolandamarais) on

Vleg jou kuif in ’n netjiese kantvlegsel of ’n Franse vlegsel

Ready steady go!!! #mumfordandsons @bouwerbosch @instameneer @mumfordandsons #LaerskoolMakwassie

A post shared by Leandie du Randt Bosch ????‍?? (@leandiedurandt) on

Skep ’n middelpaadjie en stileer jou kuif sag rondom jou gesig

A post shared by Alexa (@alexachung) on

Steek jou kuif vas met interessante haarknippies